Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Astons No. 3

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Etienne B
Kort verblyf
5.0
Jan 2024

Wondelike ligging en bevat alles wat mens benodig. Alhoewel die weer regtig nie hierdie keer saamgespeel het nie, was ons verblyf daar baie lekker. Ons moes ongelukkig 'n dag vroeer vertrek omdat my vrou en dogter akute bronchitis opgedoen het, maar die rus het ons wondere gedoen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan F
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Lekker, veilig goed geleë. Baie lekker plek met die mooiste uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jaco D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2023

Rustige omgewing, baie mooi uitsig! Elke oomblik geniet! Baie lekker gebly, netjies, skoon en rustig!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nelmarie O
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2023

Perfekte plekkie by die see! Dit is die perfekte plekkie by die see met alles wat jy nodig het en so veel meer. Die woonstel is baie gerieflik, want jy pak net jou kos, klere en handdoeke, die res is klaar daar (enige man se droom, want ons vrouens het dan minder om te pak!). Die eienaars is baie vriendelik en vreeslik behulpsaam. Dit wat op die fotos is, is dit wat jy kry. Die toegeboude balkon maak dit vir jou moontlik om ontbyt, middag en aandete te geniet terwyl jy na die see kyk. Ons beveel regtig hierdie skat langs die see aan vir enige iemand wat wil wegbreek en die natuur wil geniet. Dit is skoon, netjies, rustig en reg langs die see. Dit is 'n paar kilometer van die hoofstrand af, maar so gerieflik, want binne 10 minute is jy by alles, maar tog ver genoeg om die rustigheid ten volle te geniet. Selfs al is die weer reënerig, kan jy lekker in die bed le en na die see kyk terwyl jy 'n lekker koppie koffie geniet. Dit was regtig besonders gewees om wakker te word en die see te hoor, te sien en te kan ruik, en so ook as jy gaan slaap, dan raak jy met breekende branders aan die slaap. As jy wil wegbreek van die gejaagde lewe, is die plekkie vir jou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Heleen
The Astons No. 3
Goeie dag Nelmarie. Baie dankie vir die pragtige resensie wat jy vir ons geskryf het. Dit word opreg waardeer. Weereens baie dankie dat julle Astons no3 gekies het. Hartlike groette Paul & Heleen

Norman F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2023

Bitter mooi uitsig reg oor die strand. Meer as gemaklike beddens en meer as genoeg spasie vir 4 mense. Definitief die beste eenheid waarby ons al oorgeslaap het in Jeffreys. Beslis van nou af die enigste een wat ons sal boek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Heleen
The Astons No. 3
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons street daarna om ons plek so gerieflik moontlik te maak. Sien uit om julle weer te verwelkom.

Eric P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2023

Definitief sal ek weer kuier die jaar by The Astons No. 3. Wow, baie netjies en loopafstand vanaf die see. Ek en my vrou het elke oomblik geniet en kon nie ons vriende genoeg vertel van ons kuier nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Yolandi H
Lang verblyf
5.0
Feb 2023

Lekker! Sal definitief weer by The Astons No. 3 gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerhard S
Kort verblyf Saam met vriende
3.6
Jul 2023

Baie lekker gebly. Alles was goed en het gewerk. Die uitsig was wonderlik! Al wat gepla het is dat daar nie addisionele komberse was nie, ook nie handdoeke nie en ook nie addisionele toiletpapier nie. Ook geen TV/DSTV diens beskikbaar nie ten spyte van die beskikbaarheid van 'n TV. Klein goedjies wat 'n groot verskil kan maak.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Heleen
The Astons No. 3
Goeie dag Gerhard. Baie dankie vir jou resensie. Ek is jammer vir die dinge wat jy te kort gevind het, maar voel dat ek net graag die volgende wil uitwys. In die kaste van elke kamer is daar ’n aditionele kombers. Soos die beskrywing van ons eiendom se, is daar ’n TV met DSTV koppel punte, maar noem ons dat gaste hul eie decoder en "Smart card" moet bring. Onder die afdeling "huisre’ls" in julle kwotasie versoek ons dat gaste hul eie bad en swemhandoekke moet bring. Ons sorg altyd dat daar toilet papier in elke badkamer is, maar aangesien dit geadverteer word as ’n selfsorg eenheid neem ons aan dat gaste dit so sal aanvaar dat dit deel vorm van hul goed wat hulle saam bring. Ons bedank julle weereens dat julle Astons No 3 gekies het en weereens jammer vir enige ongerief.

Lorraine K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2022

Ons het dit baie rustig gevind juis oor die area so rustig is, weg van die gejaag van die hoofstrand. Die uitsig oor die see maak dit net soveel lekkerder en om snags die branders te hoor breek en soggens net oop te maak en in die bed te lê met 'n wonderlike uitsig was so amazing. Beslis die moeite werd.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alma V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Apr 2022

Ongelooflik lekker en gemaklik. Reg langs die see met 'n ongooflike uitsig. Ons het elke dag strand toe gestap en ons kinders het elke oomblik geniet. Die woonstel is goed toegerus met als wat mens nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Heleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Shearwater-rylaan 17, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6332, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI3Y2RmZmJkLTdmZDctNDk5OS1iOTdiLTQwMTdkMTI4NWZhOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 4) 28 5 1 5 17 Shearwater Drive Aston Bay 6332 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.083792185729 24.911324679852

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang