The Gumboot Inn
Kry 20% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: MacDonald-rylaan 21, Glenmore Beach, 4278, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 600R1 280 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Hierdie bekoorlike Skots-geïnspireerde kothuis skep die perfekte balans tussen bos en strand. The Gumboot Inn is in Munster se natuurbewarea geleë wat 'n voëlliefhebber se paradys is met 2 natuurlike strome wat deur die eiendom loop en 'n privaat voëlkykdek.
Dié selfsorg-eenheid het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 1 koningingrootte-bed en 1 enkelbed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad en daar is 'n stort in die tweede slaapkamer.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele, en die leefarea het 'n enkelslaapbank. Die skuifdeure lei na die stoep met 'n piekniektafel en braaigeriewe. Gaste kan op die voëlkykdek ontspan, die natuurstaproetes verken, of 'n middagslapie op die hangmat in die welige tuin neem. Die opsigter woon in 'n woonstel op die eiendom.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Angelique Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- MacDonald-rylaan 21, Glenmore Beach, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Gumboot Inn het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Glenmore Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: MacDonald-rylaan 21, Glenmore Beach, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang