Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Rest Farm-The Garden House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Rest, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Rest Farm-The Garden House is aan die bopunt van die wateropvanggebied diep in die Sneeuberge in die Karoo geleë, sowat 16 km ver op 'n grondpad buite Nieu-Bethesda. Dit is die ideale, bekostigbare verblyf vir gesinne waar hulle die plaaslewe kan ervaar. Hiér kan gaste die stroompie deur die woud volg, bergstaproetes verken, bergfietsry, voëlkyk en sterrekyk. Gaste kan ook kyk hoe die koeie gemelk word of help met die oppas van die beeste.

Die kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die oorblywende 2 slaapkamers het elk 1 stapelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet wat buite die kothuis geleë is.

Die oopplanleefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel.

Buite is daar 'n braai-area met 'n asemrowende uitsig op die berg.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.6/5

Paula Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 12

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • The Rest, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Rest, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcf858ac54a003890d8f1cefac3bee87e6f897683cd388ff460106f03ea694b7a8aebf0acdf02652ef810572bb1363ce301a7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 6) The Rest Nieu-Bethesda 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.788879678333 24.661099201783

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang