Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Riverstone House

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palmietvlei-plaas, Langs die R43, Romansrivier, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Riverstone House bied 'n plattelandse selfsorg-wegbreek in 'n rustige area buite Wolseley. Die verblyf is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gesinswegbreek op 'n plaas, 'n spesiale plek vir 'n bruid om voor te berei of 'n wittebroodbestemming. Die plaas is naby bekroonde wynlandgoedere en tussen Breedekloof, Slanghoek, Wolseley en Tulbagh se wynroetes geleë.

Verblyf is in die Riverstone House, die FamTin en die CouplesPod beskikbaar. Riverstone House het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 klein kinders en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kuierarea, -sitarea en -kombuis. Beide die onderdakstoepe aan die ooste- en westekant bied lieflike uitsigte waar gaste die sonsopkoms en sonsondergang kan dophou. Die gekabbel van die Breederivier en die voëllewe dien as agtergrondmusiek.

Die FamTin is 'n moderne eenheid wat uit 2 vragskiphouers bestaan wat in 'n eenheid met slaapplek vir 4 omskep is en op die rand van die plaasdam geleë is. Die eenheid is troeteldiervriendelik en het gratis WiFi. Die FamTin beskik oor 2 en suite-slaapkamers, elk met sy eie vleuel van die eenheid, met 'n binne- en buite-eetarea, 'n onderdakstoep en ingeboude braaigeriewe.

Die CouplesPod is ook by die plaasdam geleë. Dit is 'n dubbelvragskiphouer met 'n onderdakstoep, ingeboude braaigeriewe en 'n smeulstofie binne. Daar is 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer, sitarea, eetarea en 'n kombuis.

Wanneer dit te warm raak, kan gaste in die rivier afkoel. Weens die droogte het die Breederivier ongelukkig nie 'n sterk stroom gedurende die somerseisoen nie.

Troeteldiere word in al die eenhede toegelaat, maar let asb. dat net Riverstone House omhein is.

Die verblyf is 26 km vanaf Tulbagh, 16 km vanaf Ceres en 9 km vanaf Wolseley wat dit ideaal maak om 'n rits aktiwiteite in die Witzenbergvallei te geniet. Wandel op die plaaspaaie, besoek die mak ram en perde in die veld langsaan, of verken die bekroonde wynplase in dié vallei.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Org V
Gesin met tieners
5.0
Heerlike naweek wegbreek by die perfekte plek. Sal weer terugkom! Riverstone House is die perfekte plek vir 'n naweek wegbreek of selfs langer. Met on...
Sien meer
Sep 2024
Francis W
Saam met vriende
5.0
Ideale wegbreek uit die stad. Ons wegbreek by Riverstone House was 'n kort maar baie genotvolle een. Wonderlike ligging op die rivier, 'n baie mooi, s...
Sien meer
Jul 2023
Teresa C
Saam met lewensmaat
4.8
The weather was awful but in good weather it would be superb. This is a beautiful house, well equipped with everything one could need. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Celeste N
4.8
N wegbreek uit die boonste rakke. Fantastiese verblyf met alles wat nodig is.
Feb 2024
Lydia S
Saam met lewensmaat
4.4
Netjies, maar kort aandag. Dit is 'n oulike plek, netjies, mooi omgewing, maar daar is heelwat herstelwerk nodig a.g.v. waterskade en dit doen bietjie...
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Candice Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 29

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Palmietvlei-plaas, Langs die R43, Romansrivier, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Riverstone House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palmietvlei-plaas, Langs die R43, Romansrivier, 9 km buite Wolseley, 7654, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA06512333b933dd49a0c8e79191ad7ca4525441b447696a18e6406799b4a1b84e78332fdf61a9f78b0b227aff62a14dd96c62?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 950 per nag, vir 2 mense 11 5 1 5 Palmietvlei Farm Off the R43 Romansrivier 7654 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.475802122214 19.17606858001

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang