The Rosendal Country Retreat
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Anna Maria Johanna-straat 6, Rosendal, 9720, Vrystaat
- Vanaf R1 595 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Rosendal Country Retreat bied gerieflike gastekamers in die plaasdorpie Rosendal.
Daar is 'n verskeidenheid kamers beskikbaar. Kamer 1, 2, 3 en 4 is elk vir 2 volwassenes geskik en het koninggrootte-beddens. Gesinskamer 7, 8, 9, 10, 11 en 12 is elk vir 2 volwassenes en 2 kinders geskik en het 'n koninggrootte-bed en 'n stapelbed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet, behalwe Kamer 2 en 3 wat nie baddens het nie. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Elke kamer beskik oor 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n eetarea. Gratis, varsgebakte brood word voorsien. Gaste kan in die privaat sitarea voor die kaggel ontspan en hierdie area lei na die stoep waar daar 'n tuin-uitsig is. Rook is in die kamers verbode.
Gaste kan ook in die gemeenskaplike sitarea wat 'n kaggel en gratis WiFi het, ontspan. 'n Houtvuurwarmbad is op versoek beskikbaar mits dit vooraf gereël word. Parkeerplek word voorsien en gaste het toegang tot braaigeriewe.
Rosendal spog met verskeie kunsgalerye en koffiewinkels en 'n rits verskillende geboue en huise vir gaste om te bewonder. Gaste kan ook die Mosamane-voetslaanroete aandurf, by Moolmanshoek gaan perdry of in die omgewing gaan bergfietsry.
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Bonni Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Anna Maria Johanna-straat 6, Rosendal, 9720, Vrystaat
- Gaste dink The Rosendal Country Retreat het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Rosendal Malotiroete Vrystaat
- Kapasiteit: 25 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Anna Maria Johanna-straat 6, Rosendal, 9720, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang