Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The White House at Grotto Bay Nature Reserve

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandplover-keeromstraat 5, Grottobaai, Weskus, 8000, Wes-Kaap
  • Vanaf R10 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The White House at Grotto Bay Nature Reserve is 'n luukse huis met 4 slaapkamers wat keurig versier is. Die huis spog met uitsigte oor die see en die reservaat. Die huis is in Grottobaai se privaat natuurreservaat geleë. Die eenheid is sowat 45 minute se ry van Kaapstad, en slegs 20 minute van Yzerfontein af.

Hierdie strandhuis bied privaatheid en beskik oor 4 slaapkamers waarvan 3 en suite is, 4 badkamers, en 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Die huis het slaapplek vir 8 gaste, kinders ingesluit. Die 2 slaapkamers op die boonste verdieping het elkeen 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer is klein en het 2 enkelbeddens wat meer geskik is vir kinders. Die vierde slaapkamer is die ruimste kamer. Dit is op die onderste verdieping en het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word.

Die oopplan-kombuis is met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, melk- en Nespresso-koffiemasjien toegerus. Die kombuis lei na die oopplan-sitarea met 'n kaggel, 'n etenstafel met stoele, 'n platskerm-TV met Netflix en 'n tafeltennistafel.

Die sitarea lei na 'n lieflike terras met sitplek buite. Daar is 'n Weber-braai, 'n dek en 'n sonkrag-verhitte soutwaterswembad. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi en parkeerplek.

Die Weskus is 'n pragtige streek in die Wes-Kaap wat aan die Atlantiese Oseaan in die weste grens en aan die Swartland aan die oostekant. Dit is 'n mengsel van bekoorlike vissersdorpies, die Weskus Nasionale Park, die Kaapse Fossielpark en die manjifieke veldblomprag wat tydens die lentemaande sy opwagting maak. Roete 27 raak nou vinnig 'n gewilde vakansieroete vir diegene wat die stad wil ontsnap.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • Sandplover-keeromstraat 5, Grottobaai, Weskus, 8000, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 10 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 10 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandplover-keeromstraat 5, Grottobaai, Weskus, 8000, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA097d2289576ddf37f51e42689f7d19cf2b2882786f3e9e53b31e68d7b6828accc101ca64a5e1334b123f24c57873800fa6a9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R10 000 per nag (plek vir 8) 5 Sandplover Close Grotto Bay 8000 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.496718665019 18.319390813491

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang