Thronwood Lodge
Kry 35% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Plaas 19 Diepdrif-weg, Cyferfontein, Mabula-distrik, Bela-Bela, 0480, Limpopo
-
Vanaf
R5 950R3 868 per nag (plek vir 17)
Beskrywing
Thornwood Lodge is langs die R516 geleë, ongeveer 40 km buite Bela-Bela en sowat 2 uur van Johannesburg af. Dié groepsvenue is aan die begin van die Waterberge geleë, met die Zebula Gholfbaan aan die westelike kant en Mabalingwe Natuurreservaat aan die oostelike kant.
Die lodge kan 16 gaste akkommodeer en beskik oor 3 chalets en 2 solderkamers. Elke chalet bied verblyf vir 4 gaste en elke solderkamer kan 2 gaste akkommodeer. Elke chalet is toegerus met 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n haardroër, sepies, 'n plafonwaaier, 'n elektriese verwarmer, bedliggies, 'n herlaaibare lamp en 3 sonkragliggies met batterye. Die lapa word elke oggend skoongemaaak. Ekstra slaapplek is op 'n slaapbank beskikbaar, of op matrasse vir kinders.
Gaste het toegang tot 'n sentrale lapa. Dit het 'n kombuis wat toegerus is met eetgerei en breekware, 'n stoof, tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskas en vrieskas. Die lapa het verder 'n selfhelpkroeg en eetarea, asook die volle DStv-pakket en WiFi. Gaste kan uitsigte van die dek af geniet. Onder die lapa is 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en tafeltennistafel. Daar is 'n pylbord, maar gaste moet asb. hul eie veerpyle saambring. Die lodge spog met 'n randvloeiswembad en 'n geslote boma vir braais of kampvure. Gratis hout is beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Oop parkeerplek is naby die verblyf beskikbaar. Toegang tot die verblyf word verkry deur 'n sanderige pad. Gaste kan wild gewaar, soos blesbokke, vlakvarke, impalas, njalas, zebras en steenbokke. Daar is gholfbane in die omliggende area soos Zebula, Elements, en Koro Creek. Adventures with Elephants is ook naby.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Michele Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Plaas 19 Diepdrif-weg, Cyferfontein, Mabula-distrik, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Thronwood Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 17 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Plaas 19 Diepdrif-weg, Cyferfontein, Mabula-distrik, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang