Tumbeta Private Game Reserve
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhenosterpan Plaas, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Vanaf R4 900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Tumbeta Private Game Reserve is 'n malariavrye reservaat, 3,5 uur vanaf Pretoria, in die noordwestelike gedeelte van Limpopo en in 'n ongerepte gebied waar die bosveld die Kalahari ontmoet. Die lodge is ideaal vir groot groepe of 'n romantiese wegbreek, aangesien dit besonderse wild- en voëlkykgeleenthede bied.
Die reservaat bied gaste 'n keuse van 3 Gesinssuites wat slaapplek bied aan 6 gaste of 3 Staandaardeenhede wat slaapplek bied aan 2 gaste. Elke Gesinssuite het 'n sentrale koninggrootte-bed, asook 'n dubbelbed aan weerskante van die suite. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, dubbelwasbak en toilet. Verder is daar 'n buitestort, asook 'n leefarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel.
Elke Standaardeenheid het 'n sentrale koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Gaste het toegang tot die hooflodge met 2 sitareas, 'n gimnasium, 'n kroeg en 'n kombuis wat vir selfsorg toegerus is. Die reservaat spog met 'n boma, 'n watergatbraai-area met 'n groot swembad en 'n sitkamer buite. Gratis WiFi is in die gemeenskaplike areas beskikbaar.
Aktiwiteite by Tumbeta Private Game Reserve sluit 'n oggendwildrit, sowel as 'n aandwildrit in. Wildstappies is ook op versoek met vooraf reëlings beskikbaar. 'n Privaat sjef is ook teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Rhenosterpan Plaas, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rhenosterpan Plaas, Thabazimbi, 0380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang