Uiltjie Guest Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Angelierstraat 15, Kuilsrivier, 7580, Wes-Kaap
- Vanaf R620 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Uiltjie Guest Cottage is 'n knus selfsorggaste-eenheid wat op die eienaar se perseel in 'n stil woonbuurt in Sonnekuil, Kuilsrivier geleë is. Dit bied maklike toegang tot die R300, 'n verbindingshoofweg tussen die N1 en N2, wat dit die ideale oornagplek vir reisigers maak.
Dié oopplan-kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV.
Uiltjie Guest Cottage is 19 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 22 km vanaf Stellenbosch en is 'n uitstekende basis om Stellenbosch se bekende wynroetes te verken.
Kamer-opset
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Ligging
- Angelierstraat 15, Kuilsrivier, 7580, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kuilsrivier Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Angelierstraat 15, Kuilsrivier, 7580, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang