Unit 48 Eden Wilds
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Pont-weg, Banners Rest, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Unit 48 Eden Wilds is 'n selfsorg-eenheid in die veilige Eden Wilds-oordkompleks op die oewer van die Umtamvunarivier in Port Edward, en bied 'n rus- en ontspanplek vir volwassenes en pret vir die kinders. Kinders kan die plaaslike eende, poue en ooievaars voer, en soms besoek bokke van die Umtamvuna Natuurreservaat ook die oord.
Unit 48 Eden Wilds is 'n selfsorg-eenheid op die grondverdieping, net 15 m van die dam af. Die eenheid het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers het lugversorging. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke, badhanddoeke en toiletpapier saambring.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n vierplaatstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, strykyster, eetgerei, breekware, potte en panne in. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 4 en die sitarea het 'n slaapbank vir 2 kinders en 'n TV met 'n sekere DStv-kanale. Die eerste slaapkamer en die sitarea het Franse deure wat na 'n onderdakstoep met 'n tafel, stoele en 'n ketelbraai lei.
Die Eden Wilds-oord bied 'n gemeenskaplike swembad, 'n kinderswembad, 'n klubhuis met braaigeriewe, 'n speelarea vir kinders met klimrame en swaaie, pool-tafel, vlugbal-net en 24 uur-sekuriteit.
Eden Wilds grens aan die Umtamvuna Natuurreservaat wat verskeie stap- en voetslaanroetes bied. Die rivier is ideaal vir waterplankry, ski, tjoepry, kanovaart en staanroei. Bote en jetski's kan by Die Pont gelanseer word en dan by die Eden Wilds-jetty vasgemeer word. Gaste kan ook hul eie visstokke saambring en vanaf die oewer of die jetty visvang.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Gemaine Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 8
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Old Pont-weg, Banners Rest, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Unit 48 Eden Wilds het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Banner Rest Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Old Pont-weg, Banners Rest, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang