Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Uvongo Chalets 4

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Kathy P
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Awesome. Die eenheid is ideaal. Die uitsig oor die see is asemrowend. Die eenheid is groot met 'n groot stoep, asook 'n ingeboude braaier. Ons kon ons 2 aapkinders saamvat. Ek sal die eenheid enige tyd aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Barend S
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2023

Lekker veilig, mooi uitsig, baie behulpsame gasheer. Sal sterk aanbeveel vir 'n gesin.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Frikkie V
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2023

Baie lekker plek. Alles was netjies, skoon, baie lekker plek en net soos geadverteer. Al wat ek sal voorstel is ysbakkies waarin ys gemaak kan word en miskien 'n gemakliker stoel op julle baie lekker stoep waar ons baie tyd gespandeer het. Baie dankie, ek en my niggie het die tydjie baie geniet. Sal dit enige tyd aanbeveel. Waarde vir geld.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hennie T
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Nov 2023

Awesome rowend. Het baie lekker gebly. Winkels en alles is lekker naby. Padwerke was 'n nagmerrie. Stop-en-go plekke staan net 45 minute ver.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Philip V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Mrt 2023

Lekker, maar paar teleurstellings. Die huisie is baie lekker, en is op die perfekte plek geleë met 'n baie mooi uitsig oor die see. Daar is wel 'n paar goedjies wat nie lekker was nie: Daar was vuil skottelgoed in die kaste gewees. Die woonstel was nie deeglik skoongemaak gewees nie. Daar word genoem van TV met Showmax ens., maar nêrens dat mens jou eie WIFI moet saamvat nie, so dit kos redelik 'n klompie geld aan data as jy op 'n reënerige dag wil TV kyk. Verder is alles maar minimaal in die huisie. Behalwe vir die paar goedjies wat ek bo genoem het, het ons die vakansie baie geniet.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Marli P
Lang verblyf Gesin met tieners
4.0
Apr 2023

Voordele en nadele. Hoofslaapkamer se kas het te min pakplek en slegs 2 en 'n halwe rakke vir 'n paartjie wat dit moet deel - ons vind dit onaanvaarbaar. Hoofkamertoilet is baie moeilik om mee te werk en frustrerend - dit benodig regtig opgradering. Sitkamerstel se hoekbank is deurgesit. Jy voel jy sit op die planke. Jy moet wifi hê om TV te kan gebruik. Het wel 'n mooi see-uitsig, gemaklike groot bed in hoofkamer en dit was lekker om op die stoep te braai. Nie die waarde vir geld werd nie. Het al beter, baie beter waarde vir geld head. Kombuis is oudmodies en kort opgradering en die kompleks was raserig. Positiewe deel: Mooi see-uitsig en lekker om op die stoep te braai. Kamers is ruim en hoofslaapkamer se bed is gemaklik en groot. Yskas en boksvrieskas is voordelig. Kan nie jou DSTV-dekordeerder of kaart saamneem nie, daar's slegs 'n Smart TV en jy moet wifi hê. Indien opgradering plaasvind en veral meer rakke in hoofslaapkamerkas is, sal ek weer oorweeg om daar te bly, indien nie, hou ek eerder verby.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Betsie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Jan 2023

Tyd daar baie geniet. Baie netjies en skoon. Alles wat nodig is. Die groot kluis vat ongelukkig baie spasie in die hoofslaapkas en die ander is gesluit vir privaat gebruik, so die pakplek in die hoofskaapkamer is bietjie min.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Izelle
Uvongo Chalets 4
Ek is bly julle het dit geniet. Jammer dat die pak plek te min was. Ons bly baie daar vir 'n maand en die pak en hang plek is genoeg vir ons. Ek sal bietjie kyk wat se verandering ek daar kan aanbring, maar gewoonlik pak meeste mense klere in vir 'n week en volgens my is daar dan genoeg plek. Dankie vir jou terugvoer.

Melony M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.6
Mrt 2023

Not the greatest. The furniture, mats and dishes were dirty. After they told us to pay a cleaning service unexpectedly. The advert was also false advertising as there wasn't things they mentioned.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Peet D
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Okt 2022

Baie lekker. Die woonstel was reg, skoon en netjies. Lekker gerus.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Yolanda V
Lang verblyf Saam met vriende
3.2
Jan 2022

Lekker wegbreek, net jammer die chalet was nie ordentlik skoon nie en die tuimeldroër het nie gewerk nie. Oond se deur werk nie 100% nie, aircon het nie koud gemaak nie, maar die webtuiste het moeite gedoen om dinge vir ons reg te stel. Hulle kommunikasie in verband met dit was puik! Die advertensie vertoon die plek met soveel hoë standaarde, maar in werklikheid voldoen die plek nie aan die standaard nie. Mens moet baie geld betaal, wat ook reg is, maar beslis nie vir die toestand waarin die chalet was nie. Daar word uitdruklik gesê, moenie 8 mense oorskry nie, maar daar is nie eers 8 glase en koffiebekers nie?

Netheid
1.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Izelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Lilliecrona Boulevard 16, Beacon Rocks, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfb21a84494971e1cf6566648f7347b5a103f97472072bb00ed6fec60e8ea75ce907d5429ff01d13a6d01faf64b0eed5358d7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6) 19 5 1 5 16 Lilliecrona Boulevard Beacon Rocks 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -30.842326040373 30.392245186682

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang