Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vakansie Huis by die See

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lovers Walk 2093, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Vakansie Huis by die See is 'n ruim houthuis vir 'n groep vriende of familie 200 m van die see af in Bettysbaai.

Die dubbelverdiepinghuis het 'n uitsig op die berge en oor die fynbos en see, en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 2 matrasse. Dié slaapkamers lei na 'n houtdek en deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Die sitarea het 'n kaggel en 2 dubbelslaapbanke vir kinders.

Die grondverdieping beskik oor 'n slaapkamer, kombuis en 'n sitarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en lei na 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank vir kinders. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die fynbos.

Parkeerplek is beskikbaar en troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

Gaste kan die Harold Porter Botaniese Tuine of die pikkewyne by Stony Point besoek. Doendinge in die omgewing sluit sandplankry, swem, branderplankry, stap, voetslaan en uiteet by 'n hele rits restaurante in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Karin B
5.0
Heerlik gekuier, baie gerus, gestap en die strand geniet! Ons het heerlik gekuier by Vakansie Huis by die See! Karin het selfs aangebied dat ons vroeë...
Sien meer
Nov 2024
Karin B
5.0
Onvergeetlike vakansie! Waarde vir geld! Ons het heerlik gekuier by Vakansie Huis by die See! Dit was die perfekte ligging naby die see en die huis se...
Sien meer
Apr 2024
Janet R
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely marvellous. The house is very well set up. We had a really special holiday for 3 generations: Granny and Grandad, daughters ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Zara V
Gesin met tieners
5.0
The house was very spacious. It was clean and well kept. The house had everything (for example, crockery and cutlery for all occasio...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Marsia R
4.0
Stilte, skoon, privaat, rus, afskakel, stoepbraai, naby aan die strand, boekleesbank. Ek en 3 groter kinders (tussen 29 en 38) het heerlik gebly. Die ...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 53

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Lovers Walk 2093, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vakansie Huis by die See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lovers Walk 2093, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJfeiWCyaPiNlGRdBu6mj3kTQxYscK4rG1w8pufTlRCZxCkDwzc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 2093 Lovers Walk Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.367807074553 18.877216095909

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang