Villa 3506 San Lameer
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 020 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Villa 3506 San Lameer bied selfsorgerblyf en is in die San Lameer Gholf-landgoed aan die Suidkus. Gaste het toegang tot al die geriewe en besienswaardighede in die landgoed.
Die eenheid het lugversorging en bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die bonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n bad. Die tweede en derde badkamer is op die onderste verdieping; die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n stapelbed en 1 enkelbed. Die tweede en derde slaapkamer deel 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuis is volledig toegerus en sluit 'n waterfiltreerstelsel, skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek waar gaste hulle maaltye kan geniet. Daar is rusbanke en 'n TV met DStv Premium-kanale. Die leefarea lei na 'n stoep met braaigeriewe, insluitend 'n gasbraai en 'n Weber-braai. Daar is gratis WiFi en veilige parkeerplek, asook 2000 liter rugsteunwater indien daar watertekorte is.
Die landgoed spog met privaat toegang tot Blue Flag Beach, 2 swembaddens, restaurante, 'n 18 putjie professionele gholfbaan, 9 putjie mashie-baan, 'n oefenbof, gholfkarretjie huur, tennisbaan en muurbalbane, 'n ten volle werkende spa en fiksheidsgeriewe, asook 'n 9,7 km bergfietsroete. Daar is 'n ontspanningsentrum langs die strandmeer in die landgoed wat aktiwiteite soos, roeibote, kano, muurbal, vlugbal, rolbal, tafeltennis, visvang op 'n vang-en-vrylaat-basis, kinderspeletjies en bordspeletjies bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Langs die R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang