Villa Werelia
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seaton-laan 51, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 446 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Villa Werelia bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n gesinsvakansiehuis in Leisure Bay en is stapafstand vanaf die omliggende strande.
Die huis het slaapplek vir 6 gaste in die hoofhuis, slaapplek vir 2 gaste in die aparte woonstel met lugversorging en sy eie geriewe, en 'n enkelwoonstel vir nog 1 gas.
Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en plafonwaaiers. Daar is 2 badkamers waarvan 1 'n stort en die ander 'n bad het.
Die huis het 'n oopplan-sitarea, -eetarea en -kroeg wat op 'n stoep met meubels oopmaak. Hier kan gaste rustig ontspan of hulle kan op daardie warm, somersdae in die swembad baljaar.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof met 'n glasblad, oond, en 'n mikrogolf toegerus. Daar is 'n diepvrieskas en 'n ekstra vrieskas op die stoep vir drankies. Verder is daar 'n opwaskamer met 'n bolaaier-wasmasjien.
Die aparte woonstel het 'n koningingrootte-bed en plek vir 'n opvoukot indien dit benodig word. Die woonstel het lugversorging, 'n TV, 'n yskas, mikrogolfoond en 'n ketel. Daar is ook 'n stort en toilet.
Die enkelwoonstel het 'n driekwartbed, 'n waaier en 'n aparte stort en toilet.
Daar is 'n groot kuierarea met 'n ingeboude braai, 'n tafel en stoele tussen die woonstel en die hoofhuis. Hierdie area skuil onder groot bome wat skaduwee gedurende die dag bied en daar is kolligte wat die area in die aand verlig.
Die eiendom het 'n buitestort waar gaste hulself kan afspoel na 'n dag by die strand en het 'n muur om. Daar is ook 'n toesluitmotorhuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Ann Geverifieer
Eiendomme 29
Resensies 30
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Seaton-laan 51, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seaton-laan 51, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang