Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Elaine

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tuna-straat 2, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R9 000 per nag, vir 12 mense

Beskrywing

Villa Elaine is 'n lieflike vakansiehuis met asemrowende see-uitsigte in die hartjie van Onrus, Hermanus. Dit kan ideaal wees vir 'n kusvakansie saam met familie en vriende, want dit is 'n entjie se stap vanaf die Onrus-strand en Onrus-kranspaadjie geleë.

Dié dubbelverdieping-eiendom kan altesaam 8 volwassenes en 4 kinders op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die ruim hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het, terwyl 'n ander 2 enkelbeddens het. Die vyfde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir kinders. Daar is 2 badkamers wat elk 'n stort het, terwyl die derde badkamer met 'n bad en 'n stort toegerus is.

Die oopplan-leefarea beslaan die grondvlak en beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n kaggel wat ook pragtige see-uitsigte het. Op die boonste verdieping is daar nog 'n leefarea met 'n pragtige berguitsig en 'n kombuisie wat nog 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en yskas-vrieskas het.

Die boonste vlak lei na 'n balkon wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie terwyl jy die uitsigte bewonder. Die grondvlak lei na 'n ruim patio met 'n buite-eettafel en braaigeriewe waar gaste saans kan saamkuier en gehaltetyd saam geniet. Vir diegene wat van die strand af terugkeer, is 'n buitestort beskikbaar vir gaste om af te spoel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 12 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 4 mense
2 xKinderstapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 4

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Villa Elaine
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jeaneke Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 24

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Tuna-straat 2, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Elaine het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R9 000
per nag, vir 12 mense
Vanaf
Vanaf R9 000
per nag, vir 12 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tuna-straat 2, Onrus, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e57b5b38e1e517dffc582e18681bc3f57405d640b140865b0a5954cd66425e566f93f48a60d9c2411402b838f2798f651cc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R9 000 per nag, vir 12 mense 2 5 1 5 2 Tuna Street Onrus 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.4190555 19.17451

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang