Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Visarend's Roep

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Martie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 46

Op LekkeSlaap 5 jaar

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 46 resensies vir Visarend's Roep
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5
Christa D - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christa D

Pragtige plekkie!

Pragtige plekkie met alles wat jy dalk kan nodig hê vir 'n kuier, silwerskoon. Baie diere het kom besoek aflê. Heerlike koel plekkie met al die lugversorgers. Die swembad is een van die bestes in Marloth. Saans lyk die plek soos 'n sprokie met die liggies om die swembad. Voeg nog hierby die tuinbesproeiing en waterdruppels lyk toweragtig mooi in die swembad. So jammer ons kon nie nog langer kuier nie. Sal graag weer in die toekoms wil kom. Verder hou Martie mens mooi op hoogte van al die belangrike inligting en "sightings" rondom Marloth. Baie dankie vir die heerlike kuiertjie.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir jou pragtige woorde, Christa. Dit word opreg waardeer.
Ons is baie bly dat julle die kuier geniet het. Hoop julle kom sommer gou weer vir ons kuier.
Groete, Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Melissa M - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melissa M

Heerlik gekuier in hierdie bosveld juweel.

Pragplekkie, ten volle toegerus. Maak voorsiening vir beurtkrag en watertekort. Heerlik gekuier op die stoep. Swembad was 'n welkome lafenis. Martie was baie gasvry. Sal beslis weer teruggaan en beveel die plekkie met die grootste vrymoedigheid aan.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir jou pragtige woorde, Melissa. Dit word baie waardeer. Ons is baie bly dat julle die kuier geniet het. Julle is baie welkom om weer vir ons te kom kuier. Groete, Etiénne en Martie.

Visarend's Roep
Lené K - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lené K

Weg van die huis, maar voel tuis.

Ons het heerlik gekuier. Martie is 'n gasvrou 1000! Daar het soveel diere kom kuier. Die ligging was baie goed geleë - nie te ver van die pub, winkelsentrum en uitkyk toring nie, maar tog ver genoeg om die stilte te ervaar.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir jou pragtige woorde, Lené. Dit word opreg waardeer. Ons is baie bly dat julle die kuier geniet het. Kom kuier gerus weer vir ons. Groete, Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Christiaan O - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Christiaan O

Wonderful and relaxing.

Was a wonderful and awesome stay. Friendly people and a warm welcome. A lot of animals around the camp.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Christiaan
Ons is bly dat julle die kuier geniet het. Julle is baie welkom om weer te kom kuier.
Groete
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Hennie D - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hennie D

Beste verblyf in Marloth Park. Sal dit aanbeveel aan almal wat in Marloth Park wil gaan kuier.

Visarend's Roep is alles wat ons verlang het en nog meer. Alles was netjies en daar was ook voorsiening gemaak vir beurtkrag. Kombuis is baie goed toegerus met alles. Martie was die hele tyd in WhatsApp-verbinding met my en het my my op hoogte gehou van reëlings. Baie wild het kom hallo sê. Sy het selfs gereël vir 'n baal voer en 'n sak pille om die diere te lok en te voer.

Visarend's Roep se terugvoer

Hi Hennie
Baie dankie vir die pragtige terugvoer. Ons is baie bly as julle dit geniet het. Julle is altyd welkom. Ons sien uit na julle volgende kuier.
Vriendelike groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Morne L - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Morne L

Fantastiese ondervinding in die natuurryk.

Pragtige huisie in wat voel die wildernes is! Diere oral om jou, maar om geen rede voel jy enigsins bedreig nie. Die bestuur was puik, die diens baie goed en kommunikasie is uitmuntend. Die huisie is perfek vir 'n klein of groter gesin, dalk 2 of drie paartjies met klein kinders sal ook lekker hier kan bly (plek vir 8 mense). Vir my was daar niks beter as 'n afkoel in die swembad terwyl die koedoes en wildebeeste besig is om te kuier reg langs jou (agter 'n heining) en die vuurtjie wat brand op die stoep nie! Sal more weer soontoe gaan indien moontlik.

Visarend's Roep se terugvoer

Hi Morne
Baie dankie vir die pragtige woorde. Ons is so bly dat julle dit geniet het. Ons sien uit na julle volgende kuier. Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Dedre B - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dedre B

Rustig en vredevol.

Ons het dit vreeslik baie geniet. Kinders was heel naweek in die swembad met die diere om ons. Vreeslik rustig gewees. Baie dankie.

Visarend's Roep se terugvoer

Hi Dedre
Baie dankie. Ons is baie bly dat julle dit geniet het en hoop julle kom weer vir ons kuier.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Johan D - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan D

Vreeslike lekker rustige plekkie in die bos.

Baia rustige plek in die bos. Baie diere het kom kuier. Dis rustig en ons het baie lekker daar gebly. Sal weer en weer daar bespreek.

Visarend's Roep se terugvoer

Hi Johan
Baie dankie vir jou pragtige woorde en al die pragtige foto's. Duisend dankies.
Julle is baie welkom om weer te kom kuier. Sê net wanneer.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Pat S - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Pat S

Great host and excellent security when baboons were at house - arrived to chase them away.

Beautiful, peaceful place, but in future will only book during week. Few houses down, crowd moved in on Friday and partied, music and all. They were not there for the nature and animals that Marloth Park is well known for, pity.

Visarend's Roep se terugvoer

Hi Pat
Thank you very much for your beautiful review.
I am sorry about the noise from the other house. It is a problem in Marloth Park at the moment.
Hope you will visit us again.
Regards Etiénne & Martie

Visarend's Roep
Letitia G - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Letitia G

Plek van Rus.

Ons het so lekker gebly. Kombuis is baie goed toegerus met alles. Baie wild het kom hallo sê en die kinders het die lekker groot swembad baie geniet. Ek sal vir seker weer my Visarend's Roep gaan bly! Die eienaars het 'n hart van goud en is baie vriendelik!

Visarend's Roep se terugvoer

Hi Letitia, baie dankie vir jou pragtige terugvoering. Ons is baie bly dat julle dit geniet het. Hoop julle kan weer vir ons kom kuier.
Vriendelike groete,
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Rina S - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rina S

Perfekte naweek in perfekte akkommodasie.

Visarend's Roep is alles wat ons verlang het en nog meer. Alles was netjies en daar was ook voorsiening gemaak vir beurtkrag. Martie was die hele tyd in WhatsApp-verbinding met my en het my my op hoogte gehou van reëlings. Die diere was volop en ons kon hulle dophou van die lekker kuierstoep af. Ek beveel Visarend's Roep aan vir almal wat 'n lekker wegbreek sonder bekommernis wil hê.

Visarend's Roep se terugvoer

Hallo Rina
Duisend dankies vir ons pragtige verwysing. Ons is baie bly dat julle die kuier geniet het en hoop julle sal weer vir ons kom kuier.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Johan F - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan F

Baie rustige kuier.

Visarend's Roep is 'n baie aangename plek. Daar daag heelwat diere op om kos te kry. Die nagapies is nogal 'n bonus. Die buite-area is baie gerieflik en mens kuier baie lekker rondom die vuur. Die onderdakbraai is baie handig want dit het gereën toe ons daar was en ons kon nogsteeds braai. Die liggies wat geïnstalleer is vir die beurtkrag help baie, gelukkig is daar 'n ketel vir die gasstoof om 'n koffietjie te maak as die krag af is.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Johan.
Ons is baie bly dat julle dit geniet het. Ai die nagapies is te dierbaar. Ek is baie bly dat hulle kom kuier het.
Hoop julle kan weer vir ons kom kuier.
Groete
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Dr Christo P - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dr Christo P

Hierdie is een van die webtuiste se top gastehuise.

Behalwe vir uitstekende inligting van Martie en Etiènne af, is hierdie een van die beste toegeruste huise. Keurige verblyf en alles wat jy voor kan vra met betrekking tot ligging en ontspanning. Hoogs aanbeveelbare verblyf.

Visarend's Roep se terugvoer

Dr Christo baie dankie vir hierdie pragtige verwysing. Ons waardeer dit opreg. Dit was wonderlik om julle daar te ontvang en ons is dankbaar dat julle dit baie geniet het. Ons hoop julle kom weer vir ons kuier.
Groete, Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Jaun L - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaun L

Dit voldoen regtig aan al die vereistes.

Dis so netjies en jy kan dit dadelik sien met al die ligte om jou. Martie is baie behulpsaam en baie oulik. Ons het dit baie geniet, veral die nagapies! Ek sal beslis teruggaan.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Jaun.
Ons is baie dankbaar dat julle lekker gekuier het en ai, die nagapies is net te dierbaar. Ons hoop julle kan sommer gou weer kom kuier.
Groete, Etiénne en Martie.

Visarend's Roep
Louis M - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis M

Puik.

Beste huisvesting in Marlothpark. Skoon, netjies en gerieflik, met alles en nog meer wat jy benodig. Vriendelike diens en altyd behulpsaam. Baie dankie Martie. Jy is 'n ster en jul plekkie ook.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Louis.
Ons is baie bly dat julle dit geniet het. Hoop julle kan sommer gou weer vir ons kom kuier.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Ria V - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ria V

Visarend's Roep is die ideale plek as jy wil rus en die diere om jou wil sien.

Dit is 'n pragtige, goed toegeruste plek en baie netjies. Die 3 lugversorgers was absolute lewensredders, want dit was baie warm weer. Ons gasvrou het besonder baie moeite gedoen om seker te maak dat alles reg is. Sy het selfs gereël vir 'n baal voer en 'n sak pille om die diere te lok en te voer. Baie dankie, Martie. Ons sal vir seker weer gaan.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Ria. Ons is baie bly dat julle die kuiertjie geniet het. Ons sien uit daarna om julle weer daar te ontvang.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Louis V - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Louis V

Sielsverrykend.

Baie rustig in die natuur met die wild wat kom kuier op jou voorstoep.

Visarend's Roep se terugvoer

Hallo Louis
Baie dankie vir die mooi verwysing. Ons is baie bly dat julle die kuier geniet het en hoop julle sal weer vir ons kom kuier.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Johan C - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan C

Baie lekker, diere kuier gereeld.

Lekker kuierarea.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Johan.
Ek is baie bly dat julle dit geniet het en hoop julle sal weer vir ons kom kuier.
Vriendelike groete
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Hanlie V - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Hanlie V

'n Heerlike belewenis. Dankie vir 'n goed toegeruste en netjiese huis.

Baie diere het elke dag kom kuier en ons het die swembadjie ook geniet tydens die warm dae. Die netjiese goed toegeruste huis het ons tuis laat voel. 'n Heerlike kuier patio en braaiplek met 'n swembadjie tesame met die baie wild wat kom besoek aflê het, was meer as wat ons verwag het.

Visarend's Roep se terugvoer

Hallo Hanlie
Baie dankie vir die mooi verwysing. Ons is baie bly dat julle die kuier geniet het en hoop julle sal weer vir ons kom kuier.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Jacqueline B - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jacqueline B

Rustige, netjiese plek, was als wat nodig was vir 'n naweek se ontspan.

Rustige, netjiese plek, als wat nodig is vir ontspan in die bos.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Jacqueline.
Ons is baie bly dat julle die naweek geniet het. Hoop om julle weer daar te ontvang.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Carla O - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla O

Pragtig, netjies en uiters rustig.

Alles wat 'n mens kan nodig hê, was beskikbaar. Buite-area is omhein wat my veiliger laat voel het, maar nie so toe dat mens nie die diere kon sien. Baie diere het kom groet en dit was heerlik om vroeg-oggend te sit en na al die diergeluide te luister.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Carla,
Daar is darem niks so mooi soos die diere geluide en om alles te sien ontwaak in die oggend nie.
Hoop julle kom sommer gou weer kuier.
Groete,
Etiénne en Martie Bester

Visarend's Roep
Elsa E - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsa E

Heerlik gekuier.

Visarend's Roep, was skepties om in Covid19-tyd in ander huis oor te slaap, maar was baie skoon en netjies. Heerlike onthaalarea en ideale plek vir kinders met omheinde swembadarea. Goed toegerus.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Elsa
Ons is baie bly dat julle dit geniet het en hoop dat julle weer vir ons sal kom kuier.
Mooi bly
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Etienne D - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Etienne D

Fantasties.

Die plek was fantasties. Ons gaan verseker weer in die jaar daar bly. Die kinders het dit so baie geniet met al die bokkies wat kom hallo-sê en nagapies wat elke aand kom kuier. Wat alles beter maak is dat die eienaar ons elke dag laat weet het as die leeus, buffels en ander diere by Marlothpark se grensdraad is. So lekker.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir die pragtige woorde. Ons is baie bly dat julle dit geniet het en hoop julle kan gou weer vir ons kom kuier.

Visarend's Roep
Daniel R - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Daniel R

Baie mooi plek met baie diere.

Baie netjies. Julle het 'n mooi plek en baie diere wat daar rond loop. Sal beslis weer kom kuier.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir julle mooi woorde. Ons waardeer dit baie.
Baie bly as julle die kuier geniet het. Hoop ons sien julle sommer gou weer.

Visarend's Roep
Tobie S - Jun 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tobie S

Sielsgenot en rustig, stil en mooi natuurskoon.

Dit is veilig en ruim, jy kyk nie in die bure se gesigte as jy omdraai nie. Die plek is gerieflik en nie te groot nie, so skoonmaak is vinnig. Wildtuin is om jou huis en die Kruger is baie naby. Ek kan dit vir enigeen aanbeveel.

Visarend's Roep se terugvoer

Hi Tobie
Baie dankie vir die pragtige boodskap. Dit word baie waardeer. Hoop julle kom weer vir ons kuier.
Mooi bly.
Groete Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Drienie J - Mei 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Drienie J

Absoluut fantasies!

Voorwaar 'n klein paradys, met die bokke wat sommer kom inloer. Heerlik gekuier om die braaivleisvure en selfs afgekoel in die swembad. Ons beveel Visarends Roep beslis aan.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Drienie.
Ek is baie bly julle het die kuier geniet.
Hoop julle kom gou weer vir ons kuier.
Groete
Martie

Visarend's Roep
Cornel V - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cornel V

Goed toegeruste huis naby die diere.

Baie lekker plek met alles wat jy nodig het. Verskillende diere kom daagliks vir jou kuier. Oppas net vir die apies wat baie vindingryk is, so hou vensters en deure maar toe. Ons het 'n rustige tydjie daar beleef en sien uit na die volgende besoek.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Cornel,
Ons is baie bly dat julle die kuier daar geniet het. Ja daardie apies is baie stout en vindingryk, maar hulle is baie dierbaar.
Sien uit na julle volgende kuier.
Groete Martie

Visarend's Roep
Sheri M - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sheri M

Rus vir die siel in die bos.

Ons het heerlik gekuier. Die huis is baie goed toegerus en die kuier-area (lapa, boma en swembad) was perfek vir ons behoeftes.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir die mooi verwysing. Baie bly dat julle die kuier geniet het. Hoop julle kom weer vir ons kuier.

Visarend's Roep
Lynette M - Feb 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lynette M

Baie gasvrye eienaars, netjies, ten volle toegerus en beslis die moeite werd.

Die huis is gerieflik, privaat en op 'n goeie plek geleë. Ons sal beslis weer daar bespreek.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir jou wonderlike terugvoer Lynette. Hoop julle kan sommer gou weer vir ons kom kuier.
Groete
Martie

Visarend's Roep
Simone G - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Simone G

Die beste!

Ons het regtig dit vreeslik baie geniet. Dit was so lekker gewees om al die diere te sien en die loadshedding het ons glad nie gepla nie. Volgende keer bring ons meer familie saam. Dankie vir julle vriendelike diens en laataandoproepe as ons gesukkel het met iets. Julle is regtig die beste.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Simoné
Ons is baie bly dat julle die kuier geniet het en sien uit daarna om julle weer daar te ontvang.
Vriendelike groete
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Su-marie H - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Su-marie H

Goed toegeruste huis, pak net kos.

Heerlik gekuier in die bos. Huis is gerieflik, eienaars is super!

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie, Su-Marie. Baie bly dat julle lekker gekuier het. Ons hoop julle sal weer vir ons kom kuier.
Mooi bly,
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Heidi V - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Heidi V

Het heerlik gerus en batterye herlaai.

Puik diens van eienaar Martie ontvang, baie dankie. Sal beslis weer hier bespreek, die geriewe is meer as voldoende. Diere het gereeld kom kuier, veral die nagapies geniet.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Heidi
Baie bly dat julle dit geniet het. Sien uit daarna om julle weer hier te ontvang.
Groete
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Gerda N - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerda N

Absoluut rustig.

Die eenheid se ligging is perfek, privaat en baie gerieflik ingerig. Sal vir seker weer daar tuisgaan. Die eienaar, Martie was baie bedagsaam en behulpsaam. Baie dankie Martie vir 'n aangename wegbreek!

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Gerda
Baie bly dat julle die kuier geniet het. Hoop ons sien julle sommer gou weer.
Groete
Martie

Visarend's Roep
Hannes D - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hannes D

Ontspan in die natuur.

Die omgewing is pragtig met die diere op jou voorstoep. 'n Daguitstappie na die Krugerwildtuin is 'n moet met die wildtuin wat net om die draai is. As jy van stap hou, is daar kilometers se veilige grondpaaie om te stap tussen deur die huise of al langs die rivier.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Hannes.
Hoop julle kom weer kuier.
Mooi bly
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Melinda V - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Melinda V

Fantasties!

So 'n wonderlike boskuier, dier-kuiergaste lekkerte!

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Melinda,
Baie bly dat julle die kuier geniet het. Hoop julle kom weer vir ons kuier.
Mooi bly.
Etiénne en Martie

Visarend's Roep
Elize D - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize D

Baie lekker, ons het dit baie geniet.

Martie, die eienaar, sal ek by enige tyd weer kom kuier, sy was so gasvry, behulpsaam, sy my heeltyd gevra is ons okay, dis goeie diens.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir jou pragtige terugvoer Elize. Ek is so bly dat julle die kuier geniet het en hoop dat julle weer vir ons sal kom kuier.
Groete Martie

Visarend's Roep
Pieter P - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter P

100% waarde vir geld.

Baie netjiese plek. Alles wat jy moontlik kan nodig kry is beskikbaar in die huis. Die lapa, swembad, en boma is 'n groot bonus en die diere is volop. Plekkie is perfek geleë. Gaan rus en besoek asb. Visarend's Roep.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir die pragtige verwysing, Pieter.
Ons is baie bly dat julle dit geniet het en ons hoop julle kom gou weer vir ons kuier.
Groete, Martie.

Visarend's Roep
Grizelda K - Feb 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Grizelda K

Fantasties wegbreek in prentjiemooi area met 'n boshuis wat aan al jou behoeftes voldoen.

Visarend's Roep was 'n heerlike wegbreek wat aan al ons vereistes voldoen het. Die eienaar het vir ons voor ons vertrek het al die inligting gestuur wat die aankoms baie vergemaklik het. Die boshuis is pragtig en dis silwerskoon en baie netjies. Ons het ook die lugversorging en die swembad baie geniet. Ons het ook die wildtuin gaan besoek wat 'n kort rit was vanaf die huis. Ons sal definitief Visarend's roep aanbeveel.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir die pragtige terugvoer Grizelda. Ons is baie bly dat julle dit geniet het en ons hoop julle kom weer vir ons kuier. Groete
Martie

Visarend's Roep
Timothy W - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Timothy W

Absolutely comfy, tranquil, everything you need in a self catering home.

House in a brilliant location, house setup is fantastic, lovely braai area, secluded and private from surrounding properties.

Visarend's Roep se terugvoer

Thank you very much for the beautiful reference Timothy. Hope you will visit us again.
Regards
Martie

Visarend's Roep
Frank E - Aug 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Frank E

Was baie lekker gewees.

Plek is mooi geleë, baie diere gesien en lekker ontspan in die swembad.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Frank.
Ons is baie bly dat julle lekker gekuier het en ons hoop julle kom sommer gou weer vir ons kuier.
Groete, Martie.

Visarend's Roep
Narissa K - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Narissa K

Wonderlike huis voel asof jy tuis is.

Die huis is regtig 'n lekker huis. Gemaklik en jy voel welkom asof jy self daar woon. Kinders het dit vreeslik geniet. Die huis het alles wat jy nodig het sal beslis weer by visarend se roep bespreek. We loved it.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Ek is baie bly dat julle dit geniet het. Ons hoop julle kom kuier sommer gou weer.
Groete
Martie

Visarend's Roep
Robbie N - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Robbie N

Fantasties. Sal beslis terug wees.

Rêrig 'n pragtige plek. Sal beslis terug wees.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Ons hoop om julle gou weer daar te ontvang.
Groete
Martie

Visarend's Roep
Rochelle V - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rochelle V

Wow.

Baie skoon en netjies, alles is daar wat 'n mens nodig het, baie goeie ontvangs van eienaar al was dit nie in persoon nie maar verskeie SMS om te bevestig of alles reg is, die opsigter was ook wonderlik, ons het n probleem gehad met die geiser, het haar gekontak en sy het dit onmiddellik uit gesorteer.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Ek is so bly julle het dit geniet en ons hoop om julle gou weer daar te ontvang.
Groete
Martie

Visarend's Roep
Dirk U - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dirk U

Visarend's Roep is 'n uitstekende vakansiehuis en die verblyf is uit die boonste rakke.

Ons beveel Visarend's Roep ten sterkste aan. Die huis is skoon, netjies en volledig toegerus vir 8 persone. Die ligging is perfek om die park van daar af te verken. Dit is soos 'n huis in die bos met al die geriewe wat die huis bied. Ook om die sleutels te kry en terug te handig is uitstekend en met die wete dat Field Security net 'n oproep ver is. Bewaar die juweel asb. en ons sal beslis weer daar gaan bly. Geseënd is Visarend's Roep.

Visarend's Roep se terugvoer

Hi Dirk,

Duisend dankies vir hierdie pragtige terugvoer. Dit is wonderlik om sulke positiewe terugvoer te kry. Hoop regtig dat julle weer daar sal kom kuier. Ek will ook vir julle dankie sê vir al die pragtige foto's wat julle vir my gestuur het. Dit was baie lekker om julle daar te hê.

Vriendelike Groete,
Martie

Visarend's Roep
Hennie P - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hennie P

Baie lekker plek.

Sal dit beslis aanbeveel.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie Hennie. Ons hoop om julle weer daar te ontvang.
Groete
Martie

Visarend's Roep
Charles L - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Charles L

Baie aangenaam en rustig met 'n lieflike swembad.

Familie het dit baie geniet. Als was mooi en skoon. Goeie kommunikasie deur eienaar. Het lekker reën ook gehad. Werklik geen probleme. Sal dit aanbeveel.

Visarend's Roep se terugvoer

Baie dankie vir die wonderlike terugvoer, Charles. Ek is baie bly dat julle dit geniet het.

Hoop ons kan julle weer ontvang.

Groete,
Martie

Visarend's Roep
Vanaf R2 065
R2 065 R1 859
per nag, vir 8 mense
Vanaf R2 065
R2 065 R1 859
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa868433a73643481dbcab6599caf33e635b1c0c048a3bc6c6ac4ee796f8f481904419b757e67adac60a22e4df52a274a3ac1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 065 nouVanaf R1 859 per nag, vir 8 mense 46 5 1 5 2272 Geelslang Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.340723626506 31.777211384962

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang