Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vuurvliegie en Sonbesie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mambastraat 2137, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Vuurvliegie en Sonbesie is in die Marlothpark-bewarea geleë en grens aan die Krokodilrivier en die suidelike deel van die Krugerwildtuin.

Vuurvliegie is 'n oopplan-grasdakboomhuis met slaapplek vir 2 gaste. Dit het 'n oopplan-uitleg met 'n slaaparea, badkamer, leefarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, klein yskas-vrieskas en gasoond en -stoof toegerus. Daar is ook 'n groot tafel met 6 stoele in die kombuis. Die slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n muskietnet en die badkamer het 'n bad, wasbak, toilet, haardroër en handdoeke. Linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring indien hulle die privaat plonspoel wil gebruik.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n koffietafel waarby gaste die talle boeke en tydskrifte uit die boekrak kan sit en lees. Die huis het 'n plafonwaaier en lugversorging. Die buite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die huis het ook 'n dek wat reg rondom strek met 'n etenstafel vanwaar gaste wild kan dophou en tot laat na die geluide van die bos kan sit en luister. Die privaat boma het 'n vuurput. Let dat 'n braairooster nie voorsien word nie.

Sonbesie bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenheid het ook 'n binne- en buitebadkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n kombuis, sitarea, eetarea en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Gaste kan wild soos koedoes, impalas, rooibokke, blouwildebeeste, volstruise, vlakvarke en kameelperde van die eenheid af dophou. Verder het gaste ook toegang tot 'n privaat plonspoel en 'n boma met 'n vuurput. Let dat 'n braairooster nie voorsien word nie.

Daar is verskeie aktiwiteite in en om Marlothpark. Dit is is naby die Malelane- en Krokodilbrughek vir 'n daguitstappie na die Krugerwildtuin. Drink 'n skemerkelkie of hou piekniek by een van die uitkykpunte langs die Krokodilrivier, of speel 'n potjie gholf by Komatipoort. Daar is heelwat restaurante en eetplekke in Marlothpark wat aanbeveel kan word. Boskombuis se melktert is 'n moet en in Marlothpark se "Bush"-sentrum geleë. Vir die meer avontuurlustige gaste is daar vierwielmotorfietse wat by hek gehuur kan word of jy kan jou fiets saambring en die roete langs die draad teen die Krokodilrivier gaan ry waar heelwat verrassings op jou wag.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 66 resensies vir Vuurvliegie en Sonbesie
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Julia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Mambastraat 2137, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Vuurvliegie en Sonbesie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mambastraat 2137, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA47a17175939674132b138d33ee56e58462baf523f6535094379a10b6a03818721651b792dedfbb054cdb2fb6705a1b2af255?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 2) 66 5 1 5 2137 Mamba Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.341560738187 31.773863947437

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang