Walviskus
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Cliff-straat 93, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Walviskus is in De Kelders en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is sowat 35 minute vanaf Hermanus en 10 minute vanaf verskeie winkelsentrums. Die seefront-eenheid se stoep en hoofslaapkamer het 'n ononderbroke uitsig oor die see en dit is ideaal vir walviskyk. Gaste kan selfs walviskyk vanaf die stoep of braaigeriewe.
Dié grondverdieping-eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Daar is een stel trappe wat vanaf die parkeerarea na hierdie eenheid op die grondverdieping lei. Die hoofslaapkamer met 'n see-uitsig het 'n dakwaaier, dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.
Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, volgrootte yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n tweede yskassie, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n klein waskamer met 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.
Die leefarea het 2 gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met YouTube. Gaste kan hul eie intekenbesonderhede vir DStv en Netflix gebruik. Daar is ook 'n binne-eetarea met sitplek vir 6 gaste.
WiFi is beskikbaar.
Elke slaapkamer het beurtkragligte wat te alle tye ingeprop moet bly. 'n Noodlig is ook op die yskasdeur beskikbaar en daar is 'n lig met batterye by die koffiestasie.
Twee fietse, speelkaarte, legkaarte, bordspeletjies en 'n hangmat vir die stoep is beskikbaar vir gaste om te gebruik.
'n Weber-gasbraai en Weber-briketbraaier is beskikbaar.
Geen houtvure word by die kompleks toegelaat nie.
Veilige parkeerplek is agter die perseel beskikbaar. Troeteldiere word nie by die kompleks toegelaat nie.
Die area bied 'n verskeidenheid besienswaardighede en aktiwiteite, insluitend voetslaan, snorkel, Walkerbaai Natuurreservaat, 4x4-roetes, haaihokduik in Gansbaai, strande in die area en verskeie grotte. Daar is baie wynplase en brouerye binne 20 km van De Kelders.
Talle boeke oor die area is in die eenheid beskikbaar.
Sodra gaste bespreek het, sal hulle 'n volledige aktiwiteitslys van die eienaar se aanbevole aktiwiteite (restaurante, wynplase, wandelpaaie, 4x4-roetes, ens.) in dié area van De Kelders per WhatsApp ontvang.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Internet koppeling
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Gerrit Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Cliff-straat 93, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Walviskus het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in De Kelders Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Cliff-straat 93, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang