Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

West Coast Blouberg Pearl

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clam-weg 18, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

West Coast Blouberg Pearl is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Bloubergstrand, Kaapstad. Dit is 'n ideale opsie vir óf 'n gesin óf 'n groep vriende wat die pragtige Moederstad wil verken en binne maklike bereik van talle besienswaardighede en doendinge is.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed; net die hoofslaapkamer het egter see-uitsigte. 'n Stort is beskikbaar in die eerste badkamer, terwyl die tweede badkamer toegerus is met 'n stort-oor-bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Boonop is daar 'n ontbytkroeg en 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Hierdie leefarea maak oop op 'n balkon wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie terwyl jy die uitsigte oor die see en die ikoniese Tafelberg bewonder. Gaste kan afkoel in die kompleks se gemeenskaplike swembad wat ideaal kan wees vir daardie warm somersdae. Die ligging van hierdie kompleks is net oorkant die gewilde Blouberg-strand wat bekend is vir vlieërbranderry en ander watersporte en doendinge.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir West Coast Blouberg Pearl
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Burger Geverifieer

Eiendomme 31

Resensies 101

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Clam-weg 18, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink West Coast Blouberg Pearl het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clam-weg 18, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8d68b9c3040bbb2582b3b0a107806f04863a9256b97e30446a623434cb0a6003133d12142a431b8e5b8bfdf346e4715807e6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 18 Clam Road Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.8242842 18.4795314

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang