WilruWilthu
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woodpecker-laan 2441, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
WilruWilthu is in 'n stil deel van Marlothpark en bied verblyf in 'n selfsorghuis vir 'n groep van 10. Hierdie huis grens direk aan die parkland en daar is ook 'n oop erf waar die diere gereeld besigtig kan word.
WilruWilthu het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, sitkamer en 'n groot, beskutte stoep.
Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Daar is 'n stapelbed, 2 enkelbeddens en 2 kinderbedjies in die sitkamer met lugversorging. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Een van die storte het 'n gasgeiser en die ander een het 'n elektriese geiser. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, gasoond, mikrogolf, yskas, vrieskas, kosmaak toebehore en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en skottelgoedwas-tablette vir elke dag.
Etes kan by die etenstafel geniet word, en gaste kan ontspan in die sitkamer wat 'n die slim-TV. Gratis WiFi en My Family Cinema is beskikbaar. Goeie selfoonsein is beskikbaar vir alle netwerke.
Buite is daar is 'n 'splash pool', braai en kuier area. Op die toegeboude stoep is daar binnebraai-geriewe en 'n warm of koue Jacuzzi vir ongurige weer. Daar is 'n gastetoilet langs die Jacuzzi om nie die hele huis nat te maak na die badkamers toe nie. Daar is ook 'n klein yskassie en 'n 12 kg-ysmasjien langs die braai.
Daar is skadunet-parkeerplek en die huis het 'n 24 uur-sekuriteitstelsel. Die huis werk met Eskom-elektrisiteit, maar noodligte en 'n 5000 liter-watertenk is beskikbaar indien nodig.
WilruWilthu is 1 km van die Krokodilrivier af en 950 m vanaf 2 winkelsentrums geleë vir noodsaaklikhede, 'n drankwinkel, 'n restaurant, 'n bakkery, 'n kunswinkel, 'n slaghuis en 'n vulstasie. Besoekers aan Marlothpark kry die geleentheid om 'n wye verskeidenheid wild te sien wat vrylik rondloop, asook die geleentheid om ander aktiwiteite soos voëlkyk, fietsry en stap te geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Leefarea
4 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Kinderbed vir 1
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Wilma Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Woodpecker-laan 2441, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink WilruWilthu het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woodpecker-laan 2441, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang