Yellow House
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Christina de Wit-straat 519, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Vanaf R1 650 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Yellow House is op die rand van die prentjiemooi dorpie Prins Albert. Dis die ideale plek om af te saal, die sonsondergang agter die berge te aanskou en die sterrehemel dop te hou. Gaste kan ook deur die amandelboord of die Karootuine wandel.
Verblyf word in 5 selfsorg-eenhede met slaapplek vir 2 tot 4 gaste aangebied. Elke eenheid is toegerus vir selfsorg en het 'n oop en suite-badkamer. Alle linne en handdoeke word voorsien en daar is veilige parkeerplek en braaigeriewe op die perseel.
Dit is een van die oorspronklike dorpsplase en die meeste van die eenvoudige kothuise is gedurende dieselfde tydperk as die Swartbergpas gebou. Die dekor van die kothuise is eenvoudig en skep 'n rustige atmosfeer met natuurlike kleure. Elke kothuis het 'n groot stort, ruim kamer en 'n privaat braaiplek.
Die verblyf is op die pad na die gewilde en uitdagende Swartbergpas vir meer avontuurlustige gaste. Gaste kan ook deur die eksentrieke dorpie wandel of fietsry en die bekoorlike winkels en eetplekke verken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Petro Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 125
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Christina de Wit-straat 519, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
- Gaste dink Yellow House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Prins Albert Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Christina de Wit-straat 519, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang