Zwana Nathi
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Dana Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 145
Op LekkeSlaap 8 jaar
Opsomming van Resensie
Savaki C - Aug 2024
Algehele gradering
Relaxing galore.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer, Savaki. Lekker om te lees dat jul die tydjie in ons boshuis Zwana Nathi geniet het. Ons wag vir jul volgende kuier.
Zwana Nathi Groete
Lilanie S - Aug 2024
Algehele gradering
Wil net hier wees en bly!
Zwana Nathi se terugvoer
So bly julle het ons boshuis en Marloth Park geniet - dankie ook vir die terugvoer.
Ons wag vir julle volgende kuier.
Bosgroete
Dana
Tertius D - Apr 2024
Algehele gradering
Wonderlik.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie dat jy tyd geneem het vir 'n verwysing Tertius. Ons is so bly dat jul die tyd by ons boshuis geniet het. Ons wag vir die volgende bespreking.
Bosgroete, Dana
Maritha S - Mrt 2024
Algehele gradering
Baie lekker.
Zwana Nathi se terugvoer
Wat 'n lekker eerste boodskap om vanoggend vroeg oop te maak - baie dankie vir die terugvoer.
Ek is so bly dat julle die kuier by ons in die bos geniet het. Ons sien uit na julle volgende bespreking. Mooiloop
Christine S - Feb 2024
Algehele gradering
Baie lekker.
Zwana Nathi se terugvoer
Fantasties lekker om te hoor julle het die boskuier by Zwana Nathi geniet. Baie dankie vir jul terugvoer. Ons kyk uit vir jul volgende bespreking. Bosgroete, Dana
Carl M - Jan 2024
Algehele gradering
Baie baie lekker gekuier.
Zwana Nathi se terugvoer
Dit maak my hart bly wanneer ek hoor ons gaste geniet ons boshuise. Dankie vir jou terugvoer. Die grootste kompliment vir ons is wanneer ons gaste weer terugkom vir 'n 2de of 3de kuier. Ons wag vir julle. Bosgroete, Dana
Susan V - Jan 2024
Algehele gradering
Baie lekker en sal regtig weer daar gaan bly, en dit is ook bekostigbaar.
Zwana Nathi se terugvoer
Dankie vir jou terugvoer, Susan. Ons wag vir jul volgende bespreking.
Bosgroete
Dana
Liaan V - Okt 2023
Algehele gradering
Heerlike verblyf. Die eienaar is baie gasvry. Die huis is baie netjies. Ons het nie eens geweet wanneer dit loadshedding was nie.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Liaan, altyd lekker om te hoor dat ons gaste hul swaarverdiende bosbreek in Zwana Nathi geniet het.
Ons het intussen ook die badkamers opgegradeer en sien uit om jul weer terug te ontvang, moenie te lank wag nie.
Bosgroete
Dana
Kylah B - Sep 2023
Algehele gradering
Wonderful stay in the bushveld.
Zwana Nathi se terugvoer
Thank you for the feedback. We really appreciate your support and are so happy to hear about your pleasant experience. Please visit us again soon.
Dana
Johan H - Sep 2023
Algehele gradering
Die ideale bestemming tydens beurtkrag en watertekort!
Lees meerZwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou review Johan. Lekker om so volledige terugvoer te lees- dankie daarvoor. Ons wag vir jul volgende kuier.
Bosgroete
Dana
Liezl V - Aug 2023
Algehele gradering
Baie rustig.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jul ondersteuning en terugvoer Liezl. Bly jul het die kuier by ons geniet. Daar is reeds planne opgetrek en goedgekeur om die badkamers te verander, ons spaar solank vir daardie kostes. Ons hoop om jul weer binnekort te kan ontvang. Mooiloop Dana
Tersia C - Feb 2023
Algehele gradering
Goed toegerus en gemaklike verblyf met baie spasie.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoering, Tersia. Ek is so bly julle het die bosbreek geniet. Ons wag vir julle volgende kuier. Bosgroete. Dana
Johan S - Des 2023
Algehele gradering
Heerlik uitgerus.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer, Johan. Altyd lekker om te hoor ons gaste het hul tyd in die bos geniet by Zwana Nathi en dat julle ons weer sal besoek - dis die grootste kompliment vir ons.
Bosgroete,
Dana
Henk V - Aug 2023
Algehele gradering
Rustige plekkie.
Zwana Nathi se terugvoer
Dankie vir die terugvoer Henk. Sien uit na die volgende besoek.
Bosgroete
Dana
Peter D - Des 2022
Algehele gradering
Lekker rustig met koedoes, vlakvarke en rooibokke om jou is asemroewend.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om terugvoering te gee, Peter. Bly om te hoor julle het lekker ontspan. Ons kan ook nie wag dat julle weer moet kom kuier nie. Bosgroete, Dana
Christine V - Des 2022
Algehele gradering
Met al die wild wat deur jou back yard beweeg maak dit dit 'n belwenis.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Christine. Bly jul het die boskuier geniet. Ons sien uit na jul volgende besoek.
Zwana Nathi groete
Groete
Bertus B - Nov 2022
Algehele gradering
Baie lekker ontspan.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoering en ondersteuning, Bertus. Ons het reeds 'n tegnikus gekry om te kyk na die groot lugversorging, dankie dat jy dit so vinning onder ons aandag gebring het.
Ons sien uit na julle volgende bespreking.
Bosgroete, Dana
Natacha B - Okt 2022
Algehele gradering
Best House we've stayed in.
Zwana Nathi se terugvoer
Thanks a mill for your awesome review- we feel super proud when we read comments like "best house we've stayed in".
Looking forward to your next visit.
Bush greetings
Dana
Stefan V - Sep 2022
Algehele gradering
Puik.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jul ondersteuning en ook die terugvoer Stefan. Dit is lekker om te hoor dat jul die bosbreek geniet het.
Ons kyk uit vir jul volgende bespreking.
Bos-groete
Dana
Jaco E - Aug 2022
Algehele gradering
Mooiste plek.
Lees meerZwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir die baie mooi terugvoer Jasper. So lekker om te hoor jul het die kuier by ons geniet. Ons kyk uit virbdie volgende bespreking.
Bos-groete
Dana
Samantha C - Aug 2022
Algehele gradering
Een amazing naweek.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Sam. Altyd lekker om te hoor ons gaste het hul bosbreek by ons geniet.
Ons sien uit na jul volgende kuier by ons.
Bosgroete
Dana
Corrie V - Jun 2022
Algehele gradering
Baie lekker en mooi.
Zwana Nathi se terugvoer
Dankie vir jou resensie Corrie, ek waardeer dit dat jy tyd geneem het vir die terugvoer.
Ons kyk uit vir jul volgende bespreking.
Bos-groete, Dana.
Phillip V - Jun 2022
Algehele gradering
Uitstekend.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou tyd om 'n resensie vir ons te doen Philip. Ons waardeer jul ondersteuning en ons sien uit om jul weer in Zwana Nathi te sien kuier binnekort.
Bos-groete
Dana
Henry S - Mrt 2022
Algehele gradering
Baie rustig en waarde vir geld.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is geseend om hierdie mooi "bos" met al sy "inwoners" met ons gaste te kan deel. Kom kuier gou weer.
Bos-groete
Dana
Gustin S - Mrt 2022
Algehele gradering
Baie ontspannend, waarde vir geld. Net wat ons gesin gesoek het.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer Gustin. Waardeer dit baie. Ek sal jou positiewe terugvoer aan my "skoonmaak feetjies" oordra. Ons sien uit na jul volgende kuier.
Vuyiswa R - Aug 2022
Algehele gradering
Everything was excellent.
Zwana Nathi se terugvoer
Thank you so much for the feedback. Glad you had an enjoyable time for those special birthdays. Hope to see you again soon.
Bush greetings
Dana
Serena A - Nov 2022
Algehele gradering
Absolutely beautiful and comfortable.
Zwana Nathi se terugvoer
Thank you for the feedback. Looking forward to your next visit.
Dana
Phumangeni
Doreen M - Apr 2022
Algehele gradering
Wonderful week in Marloth Park where the animals visit you daily.
Lees meerZwana Nathi se terugvoer
Thank you for your feedback Doreen.
As per the write-up of the property on the portal, it is mentioned upfront that there is a loft room which is equipped with an industrial fan, while the other 2 bedrooms have aircons. It is also mentioned in the ad that there is one bath and one shower indoors, with the additional outside shower.
Glad you enjoyed the animal interactions
Albert V - Feb 2022
Algehele gradering
Aangenaam en rustig, mooi plek om dit te kan geniet.
Zwana Nathi se terugvoer
Dankie vir jou terugvoer Albert. Bly jul het die bosbreek geniet, Ons het so bietjie bouwerk gedoen direk na jul vertrek, ek is seker jul sal die verbeteringe geniet - ons kyk uit vir jul volgende bespreking.
Bosgroete
Dana
Martin J - Nov 2021
Algehele gradering
Ons het regtig 'n baie lekker wegbreek gehad.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer, Martin - ek dra jou dankie aan my skoonmaakfeetjies oor. Ek is bly jul het die bosbreek geniet en ons kyk uit vir jul volgende bespreking. Ons is tans besig om so 1 of 2 verbeteringe aan te bring, so kom kuier en laat ons weet wat jul dink.
Bosgroete,
Dana.
Leona J - Nov 2021
Algehele gradering
Wonderlike verblyf in die bos.
Lees meerZwana Nathi se terugvoer
Baie dankie dat jy tyd geneem het vir 'n resensie Leona. Waardeer die terugvoer baie. Dis heerlik om te hoor dat ons gaste hul wegbreek geniet het. Ons sien uit na jul volgende besoek.
Bosgroete Dana
Tanya J - Aug 2021
Algehele gradering
Heerlike rustige verblyf.
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoering Tanya.
Ons hoop om julle weer binnekort te sien terugkeer vir 'n lekker lang kuier, en die diere wag ook vir julle.
Bosgroete
Dana
Coreen F - Aug 2021
Algehele gradering
Stil, privaat en lekker in die bos.
Zwana Nathi se terugvoer
Dankie vir jou mooi terugvoer Coreen. Ek is bly jul het lekker in ons boshuis gekuier - en veral dat die kinders die bos en diere geniet het.
Ons sien uit na jul volgende kuier, moenie te lank wag nie.
Rene M - Jul 2021
Algehele gradering
Absolutely Fabulous.
Zwana Nathi se terugvoer
Thank you, Rene, for taking the time to write such a beautiful review for Zwana Nathi. It makes my heart smile when I hear our guests enjoyed their holiday with us, especially because it was your first visit to our beautiful bush town. Looking forward to the next visit, don't wait too long.
Bush greetings,
Dana.
Annelie V - Jul 2021
Algehele gradering
Jy sal nie 'n fout maak deur by Zwana Nathi te bespreek nie.
Lees meerZwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi terugvoer Annelie. Dis so lekker om te hoor ons gaste geniet Zwana Nathi en hul kuiers by ons in die bos.
Dit was heerlik om jul te ontvang en ons sien uit na nog vele kuiers in die toekoms- ek weet die diere wag ook vir hul bederfies.
Bosgroete,
Dana.
Marinda V - Jun 2021
Algehele gradering
Extremely comfortable and provides exactly what is needed.
Lees meerZwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi terugvoer, Marinda. Dit is so lekker om te hoor ons gaste het hul tydjie by ons geniet. Dit was lekker om jul te kon akkommodeer en ons sien uit na jul volgende kuier. Mooiloop, Dana.
Melanie M - Apr 2021
Algehele gradering
Lekker rustige kuier tussen die diere!
Zwana Nathi se terugvoer
Baie dankie vir die tyd wat jy geneem het om terugvoer te gee Melanie. Ons is so bly dat jul die tydjie by ons in die bos saam met die boskinders geniet het. Ons sien uit daarna om jul weer te verwelkom - moenie te lank wag nie.
Zwana Nathi Groete
Dana
Madelein J - Mrt 2021
Algehele gradering
Baie dankie vir 'n lekker naweek.
Lees meerZwana Nathi se terugvoer
Baie dankie dat jy tyd geneem het om 'n resensie deur te stuur Madelein. Dis ons 1ste een vir Zwana Nathi aangesien die huis nuut op die portaal geadverteer word, so ons is baie dankbaar vir terugvoer.
Ek is baie bly dat jul die bosbrekie by ons geniet het en jul is enige tyd weer welkom om te kom kuier.
Bosgroete
Dana
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Luislanglaan 1500, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang