Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oryx Walkway Moi Signature Luxury Home

Selfsorg

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 5 resensies


Netheid
3.2
Ligging
3.8
Waarde vir geld
3.0
Diens
2.4
Veiligheid
4.4
Cheryl W
Kort verblyf
3.4
Jan 2022

Plumbing issues in all units. Leaking toilets, non-flushing toilet, broken taps, broken toilet seat. Leaking fridge. The ice maker not working. No coffee plunger. Clean, crockery and utensils well equipped. Well serviced and friendly staff.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Shuaib S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.0
Jan 2019

Very poor customer service and cleaning. The house was nice, however the customer service was very poor and also the cleaning lady did not was not there to clean for the 3 nights that we’d stayed there we didn’t even get clean towels daily.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jaco V
Kort verblyf
3.0
Apr 2018

Baie groot teleurstelling. Die beskrywing van die verblyf op die webtuiste is totaal misleidend. Die webtuiste beskryf die verblyf as volg: "Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorgkothuise met slaapplek vir 12 gaste. Daar is 'n kuierarea en ’n swembad met 'n net." Wat nie gesê word nie is egter die probleem. Die kuierarea en kombuis is geheg aan 'n groot woonhuis wat nie tot die huurder se beskikking is nie. Jy mag nie eens die voordeur gebruik nie en moet om die huis loop om by die verblyf uit te kom. Die webtuiste beweer voorts dat: "Die kombuis is volledig toegerus". Dit is eenvoudig nie so nie. Ons groep het uit 12 mense bestaan (die huis word geadverteer vir 12 persone). Daar was 2 teelepels, geen koffiebekers, 4 teekoppies, geen braaibak, geen vadoeke. Die yskas is heeltemal te klein om 12 mense se kos en drank koel te maak of te hou. Daar was geen toiletpapier (toe ons vra is twee rolletjies vir die naweek vir ons gegee). Die huishulp is nors en sit heeldag in die hoofhuis (regs langs die kuierarea en swembad) en TV kyk. Ons moes na sokker en charismatiese kerkdienste luister. Toe ons koffiebekers uit die hoofhuis se kombuis gebruik het die eienaar dadelik gebel (die huishulp het hom gebel) om hieroor te kla. Donderdag, nadat ons met 'n gesukkel die huishulp oortuig het om ons toe te laat om die yskas in die hoofhuis te gebruik, het die agent my teruggebel. Tydens hierdie gesprek is daar vir my gesê dat ek nie die huis bespreek het nie en dat my houdig haar nie aanstaan nie. Geen onafhanklike persoon wat die webtuiste advertensie lees sal weet van die hoofhuis nie. Die foto's wys ook glad nie die hoofhuis nie. Inteendeel, die foto van die swembad en die lapa/boma is doelbewus van die hoofhuis se kant geneem sodat die huis nie gesien kan word nie. Ek sou nie die bespreking gemaak het as ek van die hoofhuis bewus was nie. Huurders voel soos bywoners.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Sonja M
Kort verblyf
5.0
Des 2017

Ongelooflik. Besonder netjies, goed toegerus. Het die skoonmaakdiens waardeer. Het heerlik gekuier. Kom beslis weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karen G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.4
Mrt 2017

Teleurstellend! Die kamers is pragtig, maar daar was geen linne op die beddens in die een loft bo nie. Daar was geen toiletpapier nie, ons moes vra daarvoor. Daar was melk in 'n gewone uitgewaste konfytbottel. Die grootste probleem was 'n totale gebrek aan privaatheid. Die eienaar se woning vorm deel van die twee slaapeenhede. Dit is nie so geadverteer nie wat 'n wanindruk skep wanneer besprekings gedoen word. Die boma-area, swembad en hoofkombuis is aangrensend aan die eienaar se woning wat 'n ongemaklikheid / gebrek aan privaatheid skep. Die eienaar se stoep kyk uit op die boma en braai-area wat weereens 'n gevoel van ongemaklikheid geskep het. Ons kon nie vrylik daar beweeg nie, want ons het gevoel ons maak inbreuk op die eienaar se privaatheid. Die skoonmaker van die eenheid het die een aand in die kombuis/sitkamer gedeelte gesit en TV kyk wat weereens 'n inbreuk gemaak het op ons privaatheid. Wat die ligging en die netheid aanbetref was daar nie 'n probleem nie, maar dit het nie opgemaak vir die ongerief wat ons moes verduur ten opsigte van gebrek aan privaatheid nie.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Hanchen
Oryx Walkway Moi Signature Luxury Home
Hi Kobus, Baie dankie vir jou terugvoer. Dit is vir ons jammer jy is teleurgesteld en sal opvolg op jou klagtes. Net om te noem dat ons die volgende wel genoem is in ons advertensie: "Accommodation is offered in 2 self-catering cottages, sleeping 12 guests in total, and are linked by an entertainment area" Die melk is heel moontlik die bediende sin wat sy in die yskas gebêre het. Ons het geadverteer dat die eenheid eintlik selfversorgend is, maar glo sy het nie omgegee as julle daarvan gebruik het nie. Groete

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Hanchen Geverifieer

Eiendomme 27

Resensies 25

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R10 000
per nag, vir 16 mense
Vanaf
R10 000
per nag, vir 16 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 534, Mabula, Zebula 91, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNkYmE0ZjIyLTQwNGEtNDMxMS1iMjZhLTllODM4ODgyYmZiYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R10 000 per nag, vir 16 mense 5 5 1 4 Farm 534, Mabula 91 Zebula 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.764886 27.94998

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang