Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Á Bientôt

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seeduikerstraat 1, Die Kom 8, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Á Bientôt is 'n bekoorlike selfsorgkothuis in die kusparadys Paternoster en bied 'n gerieflike ligging binne stapafstand van die strand, restaurante en verskeie winkels af.

Hierdie pragtige kothuis het slaapplek vir tot 6 gaste, met 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitarea, en kom met 'n omskakelaar vir rugsteunkragtoevoer tydens onbeplande kragonderbrekings. Die hoofslaapkamer is smaakvol gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers is elk ingerig met 2 enkelbeddens en deel die gebruik van die gastebadkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Vars linne en handdoeke word voorsien.

Die ruim kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe. Dit spog ook met 'n sentraal geleë ontbyt-eiland met stoele. Vir ekstra gerief is daar 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis strek na die sitarea wat met gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale ingerig is. 'n Gesellige kaggel dra by tot die atmosfeer.

Die patio het sitplek buite met braaigeriewe en 'n uitsig oor die see in die verte. Gaste kry veilige parkeerplek van die straat af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Á Bientôt
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Reservations Geverifieer

Eiendomme 71

Resensies 1702

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Seeduikerstraat 1, Die Kom 8, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Á Bientôt het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seeduikerstraat 1, Die Kom 8, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA719d86c288832bc313e9bbbebed771c2dbf85bd4a87beb583199ba99ba1eaae03e5da415d52a878f8d4afb5ab2325795d780?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 1 Seeduiker Street 8 Die Kom 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.8089404 17.890884284096

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang