Cliff Lodge
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Cliff Straat, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 10
- Vanaf R3 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Cliff Lodge is 'n stylvolle gastehuis by die see. Dit is uitstekend geleë op die dramatiese kliphange van De Kelders en kyk uit op Walkerbaai. Hierdie unieke B&B bied 'n idilliese wegbreek met luukse akkommodasie en uitstekende persoonlike aandag en boonop is daar see-uitsigte wat jou asem sal wegslaan! Cliff Lodge is die perfekte keuse vir diegene op soek na 'n intieme, ontspanne atmosfeer met al die gerief van 'n boetiek-hotel.
Die 5 luukse B&B-kamers bied see-uitsigte, satelliet-TV, seefrontende patio's en al die nodige geriewe. Kamers strek van standaard see-uitsig tot ruim seefront-kamers en luukse suites.
Cliff Lodge het 'n stylvolle see-uitsig sitkamer met 'n kaggel vir koue aande, 'n weerbestande seefront-glashuis en 'n ruim balkon wat op die see uitkyk. Ons smullekker ontbyt word op die seefront-dek bedien met sy asemrowende uitsig op Walker Bay.
Daar is 'n seefrontende swembad, en die sandsteen swembad-dek beskik ook oor gemaklike luierstoele - die perfekte plek om te ontspan!
De Kelders is naby aan Gansbaai, 30 km van Hermanus af aan die Kaapse Suidkus, net 160 km van Kaapstad af. Die Overberg-area beskik oor manjifieke fynbos, perfekte wit strande, perdry, gholfbane, wynplase en baie ander besienswaardighede en doendinge. Dit is ook die beste plek in Suid-Afrika vir 'n see-safari.
Die wilde, pragtige oseaan van Walker Bay bied 'n unieke eko-ervaring - dit is werklik soos die Kruger Wildtuin van die see! 'n Hele rits walvisse, witdoodhaaie, Kaapse pelsrobbe, dolfyne en talle vis- en voëlspesies kom hier voor. De Kelders is die walviskyk-mekka van die Wes-Kaap en is werklik een van die beste plekke in die wêreld om walvisse van die kus af te sien. In Gansbaai wat naby is, is die beste plek vir haaihokduik.
Van Cliff Lodge af kan jy rustig stap na die afgeleë strand, jy kan swem in die see of by 'n rotspoel ontspan. Drink een van ons fantastiese cappuccino's terwyl jy die walvisse van ons dek af bekyk. Ons bied vakansie-akkommodasie op sy beste - omring deur die ongerepte natuur!
Ligging
- 6 Cliff Straat, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in De Kelders Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6 Cliff Straat, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 10