Highlevel 4
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highlevel-straat 4, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Highlevel 4 is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die gewilde kusgebied Agulhas. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende wat verblyf by die see soek.
Dié huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers. Daar is 2 slaapkamers met dubbelbeddens en en suite-badkamers met storte. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 2 enkelbeddens het en die laaste 2 slaapkamers het dubbelbeddens. Die gaste in hierdie 4 slaapkamers deel die derde badkamer wat 'n stort en 'n bad het. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hulle eie handdoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is in die aparte opwaskamer beskikbaar. Die boonste verdieping beskik oor 'n oopplan-kuierarea wat uit 'n sitarea met 'n TV, 'n eetarea en 'n ingeboude braai bestaan.
Op die onderste verdieping is daar 'n pooltafel en 'n kroeg, en buite is daar 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel. Veilige parkeerplek is in 'n dubbeltoesluitmotorhuis beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.1/5
Sanelle Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 66
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Highlevel-straat 4, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Gaste dink Highlevel 4 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highlevel-straat 4, Agulhas, 7287, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom