Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

HoneyBush Lodge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leguanlaan 2170, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

HoneyBush Lodge is 'n bekoorlike grasdak-vakansiehuis wat 'n egte bosveld-ervaring in Marlothpark bied. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende wat 'n bietjie rustyd buite die groot stad wil hê. Hiér kan gaste sien hoe diere vrylik rondloop en die voëls in die bome baljaar terwyl hulle 'n vleisie oor die kole gooi of 'n koppie koffie drink.

Dié lodge bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 en suite-slaapkamers, 'n kombuis, eetarea, sitarea en 'n grasdaklapa. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koningingrootte-bed, 'n aantrekarea en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer op die boonste verdieping het 3 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die derde, vierde en vyfde slaapkamer is op die onderste verdieping. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die vierde en vyfde slaapkamer het onderskeidelik 1 enkelbed en 2 enkelbeddens, en elk 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei en breekware, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis lei na die etenstafel met stoele en die sitarea waar daar gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale is.

Die leefarea lei na die stoep met braaigeriewe, 'n pizza-oond en 'n vuurput, en 'n grasdaklapa met 'n piekniekbankie en 'n veerpyltjiebord. Langs die lapa is daar 'n plonspoel. Daar is ook 'n tafeltennistafel in die huis.

Gaste kan na die Krokodilrivier ry of stap om die pragtige uitsig te bewonder, vir 'n kans om die Groot 5 te sien en om 'n skemerkelkie langs die rivier te geniet.

Kamer-opset

Kapasiteit: 10 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 5
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 5
En-suite  - Slaapkamer 5
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 1 resensie vir HoneyBush Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Lynica Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 75

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Leguanlaan 2170, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink HoneyBush Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leguanlaan 2170, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9583e1c6a6d58f19a5d03058697376bb7ea70121d6b035f5b648b28397fa0a5d19d90ab6a094dbc13a770f79b3240e79be3a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10) 1 5 1 4 2170 Leguan Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 09:00 -25.344545604986 31.776616528836
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem