Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jack's Place

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 2 Sep 2024 tot 30 Sep 2024.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 540 R3 186 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Jack's Place is 'n opgeknapte plaashuis geleë in die lieflike omgewing van die Overberg, naby die dorpie Bredasdorp. Die huis staan in 'n omheinde kamp waar elande, springbokke en sebras wei.

Jack's Place het slaapplek vir 8 gaste en het 3 ruim slaapkamers, die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed terwyl die oorblywende slaapkamers enkelbeddens het, en 2 gaste kan in die leefarea op 'n slaapbank geakkommodeer word. Die huis het 2 badkamers, een met 'n bad, stort, wasbak en toilet, en die ander met 'n stort, 'n wasbak en 'n aparte toilet.

Die braai-area is op die voorstoep geleë waar gaste die Suid-Afrikaanse tydverdryf en die manjifieke uitsig kan sit en geniet. Die volledig toegeruste kombuis sluit 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe in. Die sitkamer is die perfekte plek om met 'n boek te ontspan of om jou gunstelingkanale op 'n TV met DStv te kyk.

Motorvoertuie kan by die huis in 'n oop motorhuis geparkeer word.

Gaste kan die sirkelvormige bergfietsroete van sowat 15 km geniet, voëlkykers kan verwag om meer as 75 spesies voëls te sien, waaronder die Visarend teenwoordig is en kinders sal dit geniet om in die rivier te swem, terwyl hulle op buise speel of met die kano vaar. dit is op die perseel. Dié gastehuis is net 9 km vanaf Bredasdorp, 'n dorp met uitstekende restaurante en genoeg winkels om rond te snuffel. 'n Besoek aan Kapula Kerse, Julians Restaurant, Bredasdorpplein en die Leefstylsentrum is 'n absolute moet. Jack's Place is net 45 km vanaf De Hoop Natuurreservaat en die pragtige kusdorpie Arniston is ook naby.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Toilet
Badkamer 3

Stort

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 40 resensies vir Jack's Place
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Cecilia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 123

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jack's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 540
R3 540 R3 186
per nag, vir 8 mense
Vanaf R3 540
R3 540 R3 186
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfontein-plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65c30b42de9aa0275672579113870d3181661cae58874fcfb9440df2de7223b7a802624cbd1ac561a8dd5322232af4313fc1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 540 nouVanaf R3 186 per nag, vir 8 mense 40 5 1 5 Rhenosterfontein Farm Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.495628158228 20.120298564434

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang