Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klein Jongens

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seebrieslaan 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Klein Jongens is 'n ruim selfsorgwoonstel op die onderste verdieping van 'n woonhuis in Jongensfontein. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n wegbreek.

Die woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n rusbank in die leefarea wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het net 'n stort. Linne, badhanddoeke en 'n haardroër word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, elektriese stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, toebehore, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n klein gasstoof toegerus. Die wasarea is voor die motorhuis geleë en sluit 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser in. 'n Strykyster en -plank is ook beskikbaar.

Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. 'n Skuifdeur lei na 'n klein houtdek met 'n piekniekbankie en 'n losstaande braai. Die motorhuis het 'n elektriese deur en bied veilige parkeerplek aan 1 voertuig.

Jongensfontein is net 12 km vanaf Stilbaai en is 'n veilige, rustige vakansiedorpie. Dit beskik oor 2 kafees, 'n restaurant, 'n speelarea, 'n buite-gimnasium en 'n kuswandelpad. Dit is ook baie gewild onder branderplankryers, hengelaars en fietsryers. Klein Jongens is net 200 m vanaf die see en stapafstand vanaf die hoofstrand.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelslaapbank
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Klein Jongens
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Susarah Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 8 maande

Ligging

  • Seebrieslaan 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klein Jongens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seebrieslaan 3, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA04143dc7fed46cb33f9b9d424dc8fa03bdcdfd59746f15df9e90e408f3c059d0bfcca219226bce0daeefa5d3196bfbdf222d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 6 mense 1 5 1 5 Seebries Avenue 3 Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.42780847802 21.335172315344
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem