Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lekkerbreek

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Duikerstraat 97, Buffelsbaai, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 325 per nag, vir 14 mense

Beskrywing

Lekkerbreek is 'n pragtige en unieke selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Buffelsbaai. Dit is stapafstand vanaf 'n bekende swemstrand asook nog 'n swem- en klipperige strand vir vissermanne geleë.

Dié drieverdiepinghuis kan altesaam 10 volwassenes en 4 kinders op 'n slag akkommodeer en beskik oor 7 slaapkamers en 4 badkamers asook 2 gastetoilette. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping geleë en is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die grondvloer het 'n aparte badkamer met 'n bad.

Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed, terwyl die derde en vierde slaapkamers elk 'n dubbelbed het. Daar is nog 2 slaapkamers wat elkeen 'n stapelbed vir kinders het. Die tweede verdieping van die huis het nog 'n en suite-badkamer met 'n stort asook 'n aparte badkamer met 'n stort sowel as 'n wasmasjien. Die sewende slaapkamer het 2 enkelbeddens en lei na 'n privaat balkon.

Die hoofleefarea beslaan die boonste vlak en beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gas- en induksiestoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wynverkoeler, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Daar is 'n omheinde binnehof op die grondvlak met buitesitplek en 'n ingeboude braai. Die middelste leefarea maak oop op 'n balkon met bykomende braaigeriewe. Die terras op die heel boonste vlak het sitplek waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle die see-uitsig bewonder.

Die huis het 'n omskakelaar in geval van beurtkrag.

Kamer-opset

Kapasiteit: 14 Aantal kamers: 7 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xKinderstapelbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
1 xKinderstapelbed
Slaapkamer 7
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet
Badkamer 4

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Lekkerbreek
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Elma Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 22

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Duikerstraat 97, Buffelsbaai, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lekkerbreek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 325
per nag, vir 14 mense
Vanaf
Vanaf R5 325
per nag, vir 14 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Duikerstraat 97, Buffelsbaai, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1a1cf47ee55cc6ea49381aebd271321967541279a0c00e0a9b48ce3bfa65198df5e764c912a8762de0625529a1f6f65fa52a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 325 per nag, vir 14 mense 4 5 1 5 97 Duiker Street Buffels Bay 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.086725101205 22.972328307271

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang