Little Aloe Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lombardstraat 8, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Little Aloe Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n knus eenheid in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap en dit is ideaal vir 'n klein gesinswegbreek.
Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n dubbelslaapbank vir ekstra slaapplek. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die oopplanleefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, Nespresso-koffiemasjien, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.
Buite is daar 'n pragtige tuin en braai-area. Hiér sal gaste die kans kry om die Melkweg in die helder lug bo Graaff-Reinet te bewonder.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Lombardstraat 8, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Graaff-Reinet Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lombardstraat 8, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom