Spanish Steps
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ferguson-straat 3, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 900 per nag (plek vir 9)
Beskrywing
Spanish Steps is in Bloubergstrand, ’n gewilde strand aan die Weskus. Dit is ongeveer 30 minute vanaf Kaapstad en net om die draai van die gewilde Blue Peter Hotel.
Hierdie dubbelverdieping-vakansiehuis bied ongelooflike uitsigte vanuit die 3 slaapkamers op die boonste verdieping, sowel as van die oopplan-leefarea op die onderste verdieping.
Die eenheid beskik oor 5 slaapkamers wat elk ’n en suite-badkamer met óf ’n stort, óf ’n stort en bad het. Van die 5 slaapkamers is daar 3 op die boonste verdieping en 2 op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n privaat stoep wat uitsigte oor die see bied. Die tweede en derde slaapkamers het ook elk ’n koninggrootte-bed, die vierde slaapkamer het n dubbel bed, en die klein vyfde slaapkamer het ’n enkelbed.
Daar is ’n oopplan-eetarea, -kombuis en -leefarea. Die huis is smaakvol versier en beskik oor die nuutste tendense vir beligting en toestelle. Die kombuis is met ’n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook ’n wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroër.
Daar is ’n groot slim-TV in die leefarea en 'n TV met DStv in die hoofslaapkamer.
Die stoep het lieflike meubels en ’n gasbraai waar gaste saam ’n ete kan voorberei.
Daar is ’n toesluitmotorhuis wat na die sentrale stoep-area lei.
Hierdie huis bied ’n lieflike wegbreek vir ’n romantiese wittebrood, of dit kan dien as die ideale vakansiehuis vir ’n familie wat die strandlewe in Kaapstad wil geniet. Daar is verskeie uitstekende restaurante in die area, sowel as Eden on The Bat waar daar ’n verskeidenheid winkels en restaurante is.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Gavin Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 10
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Ferguson-straat 3, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Spanish Steps het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bloubergstrand Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ferguson-straat 3, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom