The Dusty Vine Hoek Huis
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tobie Muller-straat 17, Philippolis, 9970, Vrystaat
- Vanaf R3 800 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
The Dusty Vine Hoek Huis is deel van die Dusty Vine-selfsorghuise in die geskiedkundige dorpie, Philippolis. Die dorp is in die Bo-Karoo tussen Colesberg en Trompsburg en is die ideale oornagplek vir gaste op reis of 'n vir diegene wat hul batterye wil herlaai.
Hoek Huis is op die hoek van die geskiedkundige Tobie Muller-straat, bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het ’n bad, stort, toilet en n’n asbak. Die tweede badkamer het ’n stort, toilet en ’n wasbak.
Daar is ook ’n kombuis, oopplan-sitarea en -eetarea en ’n tweede sitarea. Die kombuis is met ’n stoof, oond, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het ’n groot etenstafel met sitplek vir 8 en beide sitareas het ’n heerlike kaggel. Die huis het ’n stoep wat reg rondom die huis strek, asook ’n privaat binnehof met buitemeubels.
Die huis word daagliks skoongemaak en maaltye kan op versoek gereël word.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Hanneke Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 37
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Tobie Muller-straat 17, Philippolis, 9970, Vrystaat
- Gaste dink The Dusty Vine Hoek Huis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Philippolis Karoo Vrystaat
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tobie Muller-straat 17, Philippolis, 9970, Vrystaat