Topanga 4
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Nicholson-laan 22, Uvongo Beach, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Topanga 4 is 'n lieflike selfsorgwoonstel op die grondverdieping in 'n veilige kompleks. Dit is in Uvongo aan die Suidkus en is ideaal vir 'n gesinsvakansie. Die Topanga-kompleks is in 'n U-vorm gebou en spog met 2 sprankelende swembaddens, 'n gemeenskaplike braai-area, mooi tuine en onderdakparkeerplek.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak.
Die oopplankombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuistoonbank dien ook as 'n etenstafel en dit lei na 'n leefarea met 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Skuifdeure lei na 'n toegeboude stoep met 'n buitetafel en stoele en glasstapeldeure wat lei na 'n grasperk. Dit is die ideale plek vir jong kinders om lekker te speel.
Slaapplek
’n Bespreking by Topanga 4 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
David Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 357
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Nicholson-laan 22, Uvongo Beach, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Nicholson-laan 22, Uvongo Beach, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom