Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Westbury House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesbury-weg 3, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

Westbury House is deel van 'n ou, statige Victoriaanse huis, sentraal geleë in die eksklusiewe Silwood-area van Rondebosch. Die elegante huis is in 'n stil doodloopstraat geleë en bied 'n uitsig op die agterkant van Tafelberg en Duiwelspiek aan die een kant, en kyk uit op landerye aan die ander kant. Die gastehuis bestaan al meer as 20 jaar.

Die verblyf is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers. Kinders is welkom, en bababedjies is op versoek beskikbaar. Elke suite is verskillend in grootte en het 'n en suite-badkamer, 'n TV, 'n privaat kombuisie, 'n elektriese verwarmer, 'n waaier en 'n haardroër.

Die gastehuis bied aparte ingange, veilige parkeerplek van die straat af en gratis WiFi. 'n Kontinentale, gesondheidstipe ontbyt kan as 'n opsionele ekstra voorsien word. Tee en koffie is 24 uur per dag beskikbaar en 'n wasgoeddiens is beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Rondebosch-treinstasie, Universiteit van Kaapstad, Nuweland Rugbystadion en krieketveld, Bishops Diocesan College, Rondebosch-skole, Rustenburg-skole, Silwood-sentrum, Rondebosch Hoofweg met sy supermarkte, winkels, apteke, banke, restaurante, wegneemetes en poskantore, Belmont Park en Rooi Kruis Kinderhospitaal is naby geleë. Daar is 'n verskeidenheid besienswaardighede in die omliggende area, soos Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine, strande, gholfbane en Cavendish Square Winkelsentrum.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 67 resensies vir Westbury House
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

John Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Wesbury-weg 3, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Gaste dink Westbury House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wesbury-weg 3, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE4ZjNmMWZjLWU3ZjEtNGFmNi05NjVlLTI5ZTRlNGY3OGJlNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 1 mens 67 5 1 5 3 Westbury Road Rondebosch 7700 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.961927 18.480876

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang