Verified Reviews
Modimolle
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Modimolle
Rated 4.1 out of 5 based on 227 reviews.
"Die dorp is bo verwagting mooi skoon. Ons het heerlik ontbyt by die Koffiekan geniet. Pick 'n Pay is netjies en groot vir nodige inkopies."
"Ken nie eintlik die omgewing nie. Was nie op hierdie geleentheid op soek na enige toerismebestemmings nie. "
"Daar is 'n paar mooi plekke wat jy nie weet tensy jy die locals vra. Daar is nie baie info op internet oor die dorp nie."
"Ons het Saterdagoggend ontbyt gaan eet by Die Koffiekan. 'n Baie aangename plek om te ontspan."
"Resorts are generally closer to towns making it easier to shop for groceries and to access restaurants."
"Lekker plek en by die mall kan jy alles kry as kampeerder. Geen probleme!"
"Dorpie het lekker restaurante, mens kan net glad nie draf of fietsry langs/op die paaie nie as gevolg van die motors."
"Die Koffiekan was die perfekte restaurant om ons naweek mee af te sluit. Heerlike kos en baie kindervriendelik."
"Dit is 'n stil en lekker dorp, en mens kry alles te koop wat jy nodig het."
"Ons het 'n heerlike middagete geniet by die Koffiekan Plaaswerf restaurant in Modimolle - beslis aan te beveel!"
"Mense altyd vriendelik en behulpsaam met wat jy ook al nodig het. "
"Modimolle het baie agteruit gegaan vandat ek 'n paar jaar terug daar was. Die strate is vuil en vol gate en die lugversogers in die mall het nie gewerk nie op 'n baie warm dag."
"Vriendelike, skoon dorp waar Christelike waardes nog openlik uitgeleef word. Winkels word bedryf teen 'n billike algemene prys."
"Paaie na plase moet dalk net genoem word aan gaste met lae karre ens. voor hulle gaan. "