Verified Reviews
Potchefstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Potchefstroom
Rated 4.1 out of 5 based on 604 reviews.
"Studente maak van Potch 'n energieke dorp met heerlike kuierplekke vir jonk en oud. As die munisipaliteit net die lyne in die strate oorverf, sal dit sommer baie mooier lyk!"
"We were there for our student daughter but otherwise not sure I'd go there on holiday. There were a few pretty spots around and it's a pleasant enough place."
"Potchefstroom se strate kort dringende herstel. Daar is byna nie pad sonder slaggate en plek-plek moet jy in aankomende verkeer verby die slaggate."
"Ongelukkig is Potch tans deurspek met slaggate en as 'n vegetariër het ek baie gesukkel om gepaste kos vir my te kry. Die mense is egter baie vriendelik, en die Universiteit, waar ek werksaam was, is goed onderhou en steeds 'n instansie van hoë gehalte."
"First visit in 6 years and I am afraid the state of the town, especially the roads, has deteriorated remarkably. Very sad after having lived in Potch for over 25 years. But then, I suppose it can be said of the majority of towns in the RSA."
"Besoek gerus SA Mindmaze se Escape Rooms. Dit is hope pret vir jonk en oud!"
"Pragtige dorp, buiten vir die paaie wat uiters swak is. Vreeslik baie slaggate."
"Slaggate is nie lekker om deur te ry nie. Verder was dit 'n lekker plek met 'n lekker 'vibe' en oulike restaurante."
"My verwysingsraamwerk van Potchefstroom as dorp was hartseer vertrap en ontnugter. Die dorp (NWU ingesluit) soos baie in ons land het ook nie die "impak" van korrupsie en mal-administrasie deur onbevoegde mense vrygespring nie. Vervalle paaie en infrastrukteer. Die prentjie herhaal homself dwarsdeur ons mooi land. Ek sê sterkte en beste wense vir die mense wat nog probeer om 'n verskil te maak."
"Vir studente absoluut 'n moet, maar gedurende vakansies gaan daar nie veel aan nie."