Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Upper Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2548 resensies.

Britstown, Bo-Karoo

Kambro Accommodation & Farm Stall

"Britstown self kan seker aan hul 'image' werk. Die Karoo is 'n wenner."

Britstown, Bo-Karoo

Sweetfontein Boutique Farm Lodge

"Baie goeie verblyf en 'n vriendelike dorp."

Richmond, Bo-Karoo

Be Blessed Selfcatering

"Die Krip Restaurant was ongelooflik. Besonders anders met uitstekende kos. "

Bo-Karoo

Welvanpas Guestfarm

"Gestroopte oop ruimtes met mense wat jou nog in die oë kan kyk."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Wonderlike ou dorp met baie karakter - beveel aan vir enige persoon met liefde vir die Karoo."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Rustig en veilige omgewing."

Hadison Park, Bo-Karoo

The Cottage - Hadison Park

"Great value for your money. Should really give it a try. You won't be disappointed."

Britstown, Bo-Karoo

Elsa's @ 27

"Dis 'n gereiflike oornagplek, maar daar is nie veel om te doen nie. Die enigste plek waar mens 'n goeie ete kan geniet is by die hotel, en hulle is baie duur. Daar is 'n baie oulike koffiewinkel in die die ou meule en daar is heerlike ontbyt en middagetes te koop. Die mense is almal baie vriendelik. Ons sal beslis weer daar oornag."

Britstown, Bo-Karoo

Sweetfontein Boutique Farm Lodge

"Onthou dit is 'n dorpie waar ons almal deurjaag. Stop 'n slag en koop lekker tjops by die slaghuis. "

Bo-Karoo

Camp Nguni

"Bo-Karoo is 'n eiesoortige bekoorlike provinsie en beslis die kuier werd. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Besoek gerus die Karoo Yard, baie hartlike ontvangs en Springbok "hamburgers"."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"Wat 'n verandering van pas. "

Richmond, Bo-Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Nie alle toeriste stel belang in ou geboue en kerke nie. Ek weet nie of daar juis iets anders is wat dit 'n toeristebestemming sal maak nie."

Hadison Park, Bo-Karoo

The Cottage - Hadison Park

"Koopkrag het opgeraak gedurende laaste nag."

Britstown, Bo-Karoo

Elsa's @ 27

"Strate en sypaadjies skoon! Etes en bediening by plaaslike Lodge was baie goed."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Regte plattelandse dorpie."

De Aar, Bo-Karoo

De Herberg Lodge

"Ons het net een nag daar geslaap en het nie veel te doen gehad daar nie. Die baie sonpanele op verskeie plase was interessant om te aanskou. Die mense het ons baie gasvry en hulpvaardig ontvang."

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"Nie daarvan gebruik gemaak nie."

Hanover, Bo-Karoo

Karoo Uitsig Guesthouse

"Hanover is 'n regte Karoodorpie klein rustig en die oudtyd spreek vanself"

Britstown, Bo-Karoo

Elsa's @ 27

"Slaggate in die pad. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Scholen

"Die resturant was voldoende, maar na 18:00 is dit maar 'n probleem om iets te koop in die dorp. Ons het ongelukkig net die dorp in die donker gesien."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

The Hudson Guesthouse & Suites

"Pragtige plekkie, wens ons kon langer daar bly om die hele dorpie te beleef - baie rustig en stil oor 'n langnaweek."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Die Pophuis Hoekie

"Pragtige dorpie! Onthou net dat die restaurant in die dorpie toe is op 'n Sondag."

Richmond, Bo-Karoo

Ka Ma Lodge

"Ek het gedink Richmond is 'n "one horse town", maar was aangenaam verras. Mooi dorpie met klomp restaurante, wat ongelukkig nie oop was nie, aangesien ons daar was op 'n vakansiedag."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"Ek dink ek sal maklik daar kan bly, baie rustig. Dit is 'n pragtige plattelandse plekkie."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Die Pophuis Hoekie

"Victoria Wes is die perfekte rusplek tussen die noorde en die suide: rustige Karoodorp met die blouste lug bedags en die pragtige sterrehemel saans. Hier moet mens eintlik langer as net een aand oorbly."

Britstown, Bo-Karoo

Elsa's @ 27

"Mooi omgewing."

Blad
Blad 74 - Wys 2191 tot 2220
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang