Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2548 resensies.
"Victoria West, moet in samewerking met al drie vlakke van die regering, die dorp bemark as 'n kultuur-historiese ervaring. Dit kan bydra tot werkskepping in die toerismebedryf, en 'n toekoms bied vir die inwoners."
"Ongelukkig net deur die dorp gery en op ure waar daar nog geen beweging was nie."
"Richmond as dorpie het totaal agteruitgegaan. Ons was selfs bang dat ons nie brandstof daar sal kry nie, maar gelukkig was dit nie 'n probleem nie."
"Lekker Karoo stilte. Die hartland van die Karoo. Die Merino restaurant hier het jare lank al die lekkerste afval. Die gholfklub verwelkom enige persoon hartlik vir 'n bier of pot gholf."
"We did not have time to explore the town and surroundings, but from what we saw, it looks very interesting and would like to stay at De Oude Pastorie again for a few days to explore the town and surroundings."
"Ek het my hart op Nieu-Bethesda verloor! Dit is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en is so rustig. Dit was lekker om vroegoggend 'n hoenderhaan te hoor kraai en saans kon ons nog veilig in die strate rondloop. Die Uilhuis en Helen Martins se hartseer verhaal was een van my hoogtepunte met ons besoek daar. Ek gaan beslis weer hierdie spesiale dorp besoek in die toekoms."
"Die dorp op homself is besig om agteruit te gaan. Dit is 'n tipiese plattelandse dorpie met net die nodige fasiliteite vir 'n oornag stop."
"'n Moet om daar te gaan kuier en al die wonderlike klein onbekende juwele te gaan ontdek. Pragtige dorp. "
"Nieu-Bethesda bied baie meer as net die uilhuis. Dit is 'n pragtige dorpie om te besoek met puik verblyf en lekker eetplekke, maar ook baie rustig om net die natuur te geniet en te ontspan. Dit was ons tweede besoek, en ons sal verseker weer terugkeer."
"Drie Susters is maar net 'n kruispunt van paaie, maar dis 'n haalbare afstand om te ry vanaf Pretoria. Die "Drie Susters" (berge) is natuurlik 'n foto werd! Daar is ook 'n goeie vulstasie met alle geriewe."
"The Owl House, Fossil Centre, Church and graveyard make the visit really worthwhile. Be prepared to pay city prices for most foods/beverages. The friendly bookshop is well stocked. The local crafters make good products and each tourist should support them"
"Die wind het baie gewaai die dag en ek het nie die omgewing verken nie. Dit is 'n goeie oornag op pad na Kaapstad."
"Baie mooi dorp met 'n rustige atmosfeer. Ons het baie lekker geëet by die Merino Restaurant. Pragtige Karoo argitektuur."
"Mooi historiese dorp met pragtige Karoo argitektuur. Dit lyk asof die nuwe munisipale raad ekstra moeite begin doen oor netheid en ontwikkeling. Definitief die moeite werd om hier oor te bly. Besoek ook die Kingwill Deli en Coffee shop! En daar is 'n staproete op die berg."
"Britstown is ‘n rustige dorpie met baie vriendelike en bedagsame inwoners."
"Was 'n vriendelike en aangename dorpie. Sal beslis weer gaan draai daar. Ons het goeie herinneringe van Hopetown saam huistoe gebring. "
"As jy op reis is en ontbyt wil eet of biltong wil koop moet jy hier stop. Nie noodwendig iets by Strydenburg of Hopetown nie."
"Ek en my vrou het die aand by die restaurant: "Die Krip" gaan eet. Ek was teleurgesteld om in die middel van die Karoo 'n skaapnekvleisdis te bestel en nie die Karooskaap te kon proe nie. My vrou se T-been steak was heerlik sag en presies gaargemaak soos sy dit wou hê."
"Beslis 'n besoek werd. Gaan kyk na die Uilhuis, drink 'n bier by die Sneeuberg brouery."
"Aanwysings op die dorp kan verbeter word sodat reisigers presies weet waar om af te draai na die verskeie oornaggeriewe."