Geverifieerde Resensie
Dinokeng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 445 resensies.
"Baie goeie toeristebestemming en 'n baie lekker plek algeheel om te besoek. Soveel plekke om te besoek en te gaan bly."
"Surprisingly much game (one of each!) as we drove in the first day. Some of them in a not very good condition. Self drive rates very high."
"Roads are very bad, especially after being charged a hefty rate for entering. Maps provided with permit are not helpful at all."
"Baie mooi. Dit het baie gereën oor Paasnaweek en vir fotografie nou nie die beste nie. Nogtans baie lekker."
"Die Dinokeng selfry-paadjies is swak gemerk. Mens sien bitter min wild."
"Dinokeng bly een van die beste, nabygelëe plekke om wild in hulle natuurlike habitat te sien. Ons sal beslis weer 'n draai maak!"
"Die wild was maar effe skaars in die reservaat self. Blykbaar is baie van die wild aan die Noordekant van die hoofpad, en daar is egter nie regtig publieke paaie wat mens kan ry aan die Noordekant nie. Vir 'n naweek weg of kort rukkie, kan ek dit egter beslis aanbeveel aangesien dit so naby aan Pretoria en Johannesburg is. As jy egter 'n groot diereliefheber is, dink ek Pilansbergreservaat is beter, maar die koste is natuurlik baie meer daar, plekke minder, en dit is heelwat verder om te ry vir 'n naweek of kort tydjie."
"February may not be the best month for game drives because of the inclement weather and humidity, but it's beautiful up there and we love it."
"Baie naby aan Johannesburg. Is voorwaar lekker vir 'n vinnige naweekwegbreek. Reistyd is 1 en 'n half uur van Johannesburg."
"Dit was ons tweede besoek aan die omgewing. Daar is genoeg wild om te sien. Verblyf is goed."
"The self-drive option from the wilderness gate could be better marked, we only managed to see some giraffes and warthogs and some buck. Mainly because the self-drive route was difficult to read therefore we probably missed out on the good sighting spots."
"Dis die beste en naaste reservaat waar jy die Groot 5 kan sien en daar is baie om te sien, asook die paaie is goed gemerk."
"Die selfry-permit is regtig baie duur en kan toeriste ontmoedig om die park te besoek. Voorstel is 'n "wildcard" soos vir Sanparke."
"Nog nooit die Groot 5 gesien soos geadverteer word nie, dalk in 1 van die luukse privaat lodges."
"Baie oulike restaurante en dinge om te doen. Daar is net baie mense en taxi's wat nie die parkeerreëls nakom nie en jaag en rommel rondgooi. Dalk meer polisiering van die park sal dalk die gedrag stop sit!"