Geverifieerde Resensie
Vredendal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vredendal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Naby al die mooi blomme, alles wat nodig is is op Vredendal en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"It has a shopping mall and has all the main stores. The potholes in the roads should be fixed."
"Afhangende van die tyd van die jaar sal verskillende bedrywighede gesien word in die wingerde. Die wynplase en restaurante en die mooi van die omgewing moet beleef word."
"We loved the restaurant which was recommended and booked for us, which was in Strandfontein."
"Was on a business trip, so not much time to explore the area. Did enjoy lunch and wine at Namaqua Wine Estate."
"Daar is net 1 restaurant in Vredendal wat oop is saans. Die naburige dorp Strandfontein het geen restaurante gehad wat oop was nie (daar is 2). Ons kon wel Vanrhynsdorp toe ry, daar is 'n Red Ox restaurant wat ons kan aanbeveel."
"Vredendal seems to be a well-functioning town. We were working only in a specific area of Vredendal but the town has the facilities that one needs when travelling."
"Baie naby aan die Weskus. Strandfontein en Doringbaai. Rustige dorpie tussen wingerde."
"Die strate in die dorp is vol gate en eetplekke is beperk. Die restaurant by die Namaqua Kelder bied 'n goeie spyskaart aan, maar is buite die dorp geleë."
"So baie om te doen en sien in die omgewing. Alles is binne 'n kort ry-afstand."
"Goeie plek om as basis te dien vir blommekyk. Baie mooi natuurskoon."
"Pragtige omgewing met heerlike wynplase om te besoek! Die mense is besonder vriendelik - almal groet almal!"
"Baie anders as wat ons dit ervaar het 45 jaar gelede. Dorp groter en baie meer ontwikkel as voorheen. Skoon en netjies."
"Lekker sentraal geleë. Ons kon gemaklik op 'n dag na Clanwilliam reis om die blommeskou in die kerk te besigtig. Verder was Lambertsbaai, Doringbaai en Strandfontein ook `n besoek werd. Alhoewel die weer nie so gunstig was vir blommekyk nie, het ons tog mooi blomme gesien en kon ons ons lus vir seekosse by die omliggende kusdorpe bevredig."
"Baie goeie tandarts op die dorp. Uitstekend toegerus en baie knap. Ons ry van baie ver af om hom te sien. Elke kilometer werd!"
"Winetasting, flower viewing, en route on the road between Cape Town and Namibia with many wonderful stops on the way."
"Vredendal het ons aangenaam verras en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."