Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Ankia Wolf

Ons gids tot ’n wegbreek in Greyton!

Die Overberg het soveel bekoorlike bestemmings op pad na Hermanus en al langs die N2, maar baie reisigers vergeet van Greyton ─ ’n gasvrye dorpie wat aan die lowerryke voet van die Sonderendberge versteek is. LekkeSlaap is lief daarvoor om in súlke dorpies te gaan rondsnuffel en die beste blyplekke, restaurante, koffiewinkels, snuisterywinkels en unieke doendinge […]

Pret en plesier by Piekenierskloof

Piekenierskloof Mountain Lodge is al jare lank ’n gewilde bestemming vir gesinne, wittebroodpaartjies en vriende wat saam wegbreek. Dié lodge is tussen die berge op die Piekenierskloofpas naby Citrusdal op die N7 geleë en is een van die gewildste stopplekke op die Weskus se nuwe selfry-bergroete. Dié bergroete begin in Velddrif en loop verby allerhande eiesoortige dorpies […]

15 Redes (in foto’s) om Noordwes te besoek …

Suid-Afrika het ’n paar provinsies wat as die skaam boeties van die meer gewilde Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng bekendstaan. Noordwes is een van die land se kleinste provinsies, maar tog is daar só ’n oorvloed doendinge en poskaartmooi plekke om te besoek, dat jy hom beslis hoog op jou doenlysie moet sit. In dié blog […]

Ons land se 5 top-wintervakansiebestemmings

Is jy moeg gesukkel om die ideale wintervakansiebestemming vir jou en jou gesin in Suid-Afrika op te spoor? Ons het gaan ondersoek instel om uit te vind watter van die dorpies, streke en stede in ons land gedurende die winter die gewildste is en waarom. Só kan jy volgende keer ʼn ingeligte besluit maak as […]

Kom kuier in Riebeek-Kasteel!

Stel jou voor … Jy sit op ʼn groot stoep met ʼn stomende koppie fynproewerskoffie, ʼn goeie boek en ʼn pak sjokoladekoekies wat jy stadig maar seker sit en verslind. Jy kyk op en sien hoe ʼn kat op die huis oorkant se balkon homself luilekker uitstrek en verder ʼn middagslapie vang. Iewers in die […]

Vrede en Lust | Kos, Kuier en Rus

Vrede en Lust is veel meer as ’n filmstel vir die gewilde Afrikaanse film Semi-Soet of maar net nog een van die Franschhoekvallei se mooiste wynplase nie. Dié plaas is ʼn ware lushof, ʼn droombestemming vir families, paartjies, bruide, smulpape en  wynliefhebbers wat besoekers keer op keer teruglok. Die landgoed is meer as drie eeue […]

Tydlose Tulbagh

So 120 km noordoos van Kaapstad, in ʼn vrugbare vallei omring deur die majestueuse Obikwa-, Winterhoek- en Witzenberge, lê ʼn sprokiesdorpie met die naam Tulbagh. Dié dorpie troon bo sy jonger boeties uit as een van die oudste dorpe in die land (na Kaapstad, Stellenbosch en Swellendam en Graaff-Reinet), en is al in 1743 gestig! […]

18 Redes (foto’s) om Mpumalanga te besoek …

Mpumalanga, die ‘plek waar die son opkom’, is meer as net een van ons land se pragprovinsies. Dié provinsie is ʼn topbestemming te danke aan die talryke toeristebesienswaardighede wat hier skuil. Ons het 18 foto’s op Instagram gaan soek wat jou sal oortuig om jou tasse te pak en die pad te vat. As jy reeds ’n […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang