Skrywer: Bea Punt
Na hoërskool, waar Bea se passie vir kreatiewe skryfwerk begin blom het, het sy haar Honneursgraad in Joernalistiek by Stellenbosch voltooi en sedertdien het haar liefde vir tale, fotografie en goeie koffie aanhou groei. Sy moet elke hond wat sy raakloop 'n kopvryfie gee en droom om eendag 'n sonhuisie by die see te hê.

Aktiwiteite in Durban teen R100 of minder
Met Durban se son wat amper heeljaar skyn, is daar geen verskoning om nie die huis te verlaat en die omgewing te verken nie. Of jy nou ’n toeris met ’n redelike reisbegroting is of ’n plaaslike inwoner wat daardie sente twee keer omdraai, ons gids wys jou die beste doendinge in Durban sonder dat […]
28 Oktober 2025

Gewilde roetereise in SA
Is jy gereed om jou kantoorstoel vir ’n motorsitplek en jou doenlysie vir ’n emmerskoplysie te verruil? Suid-Afrika is die tuiste van beeldskone bestemmings en niks klop die oop langpad met afgedraaide vensters en die reuk van avontuur in die lug nie. Kuslynkurwes, Karoo-stof en berge so majestueus dat hulle jou sal laat stilhou net […]
31 Julie 2025

Gesinsvriendelike plaaswegbreke
Is jy op soek na ’n wegbreek waar die enigste verkeersknoop plaasdiere en ’n paar boomstompe is? Dan is hierdie bekoorlike plaasverblyf perfek vir jou! Van bessiepluk tot prentjiemooi geluk, LekkeSlaap het plaasblyplekke vir paartjies, gesinne en selfs jou viervoetvriende. Dassenheuwel Farm Stay Malmesbury Dassenheuwel Farm Stay is in die hartjie van die Swartland geleë […]
25 April 2025

Verdubbel jou vakansiedae met dié slim verlofwenke
Herstel jy nog na die dol feesseisoen? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor! Hoe dit ook al sy, 2025 se vakansiedae skep talle geleenthede om jou langnaweke nóg langer uit te rek deur jou verlofdae slim te beplan. Ons wys jou hoe met hierdie nuttige gids en ’n lekke rooster aan die einde […]
14 Januarie 2025

My gewone vakansiedorp is vol vir die somervakansie. Hoe nou?
Ná ’n jaar vol uitdagings, verdien ons almal ’n ruskans. Hoewel sommige van ons graag met Jan Tuisbly se karretjie ry, bars die besprekingskalenders van blyplekke in gewilde vakansiedorpe, veral dié naby die see, weer uit hul nate en dit veroorsaak dat ’n vinnige wegbreek of ’n op-die-nippertjie-bespreking ’n onbegonne taak is. Hoe dan gemaak […]
18 Desember 2024

10 Besonderse berghuisies vir ’n winterwegbreek
Dis seweuur op ’n Vrydagoggend en jy sit al weer in die verkeer. Die enigste vooruitsig wat jy vandag het, is gisteraand se oorskiet-pasta in jou kosblik en bykans ’n miljoen e-posse wat lê en wag. Klink dít vir jou bekend? As jy moeg is vir swoeg en sweet om jou brood en botter te […]
15 Julie 2024

12 Lekke plekke vir blommekyk in Namakwaland
Tydens blomseisoen word Namakwaland bont geverf. Dié streek is bekend vir sy skouspelagtige veldblomlandskappe wat besoekers van heinde en verre lok. In hierdie blog lys ons ‘n paar plekke waar jy sommer dié kleurvolle verskynsel vanaf jou stoep kan bewonder! Maak sommer hierdie blomkyk-uitstappie ’n paar dae lank en bespreek by een van die lekke […]
3 Mei 2024

Troeteldiervriendelike verblyf in Gauteng
Smag jy na ’n wegbreek om uit die stad se gedruis te ontsnap, maar jy wil nie jou viervoetkinders agterlaat nie? Met LekkeSlaap.co.za se handige troeteldiervriendelik-filter is daar geen rede waarom Wagter nie saam met jou kan reis nie! Ons het ’n paar voorstelle versamel waar jy, jou geliefdes en troeteldier lekker kan rus! So, […]
20 Maart 2024








