Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Spaar tot
30%
op jou besprekings!

*Die Sanlam Supercharge-veldtog met 50% afslag is nou ten volle uitverkoop. Standaard kwalifiserende afslag sal nou van toepassing wees. T&V"s geld. Sien T&V"s.

Teken in met jou Sanlam Reality-lidmaatskapnommer of ID-nommer:

Bekroon as Suid-Afrika se vernaamste aanlyn reisagentskap

Hoekom LekkeSlaap?

Geverifieer Al ons lekke plekke is erkende verblyf
Lekke Pryse Jy sal sukkel om beter pryse te kry en daar is geen versteekte kostes nie
Betaal-opsies Ons aanvaar EFT-, debietkaart- en kredietkaart-betalings
Eerlike advies Ons lekke agente is hier om jou te help

Nie 'n Sanlam Reality-lid nie?

SLUIT AAN

Algemene Vrae

Hierdie voordeel is slegs aan Reality Plus- en Reality Core-lede en lede met Wealth Bonus Lifestyle-voordele beskikbaar.

LekkeSlaap is Suid-Afrika se grootste plaaslike verblyfbesprekingswebtuiste wat meer as 29,400 verblyfopsies bied — van gastehuise, lodges, B&Bs en hotelle tot selfsorgeenhede, oorde en kampeerplekke. LekkeSlaap is die maklikste manier om verblyf in Suid-Afrika en Namibië te vind en te bespreek.

As ’n Sanlam Reality-lid kan jy eksklusiewe afslag kry wanneer jy deur LekkeSlaap verblyf bespreek. Jy sal ’n sekere aantal kamernagte per jaar kry wat van jou Reality-lidmaatskap-opsie en -vlakstatus sal afhang. Besoek die voordeelblad om te sien watter afslag op jou opsie van toepassing is.

’n Kamernag word as volg gedefinieer:
  1. Vir eiendomme wat besprekings per kamer aanvaar, word ’n kamernag as die aantal nagte vermenigvuldig met die aantal kamers wat bespreek is, gedefinieer.
  2. Vir eiendomme wat as ’n geheel bespreek word (bv. ’n vakansiehuis, kothuis, woonstel, ens.), word ’n kamernag as die aantal nagte waarvoor die hele eiendom bespreek is, ongeag die aantal kamers in die eiendom, gedefinieer.

Die maksimum aantal kamernagte wat jy per kalenderjaar mag bespreek is:

Reality Plus Single-lidmaatskap

  • Brons-status = 15 kamernagte per jaar
  • Silwer-status = 25 kamernagte per jaar
  • Goud-status = 35 kamernagte per jaar

Reality Plus Family-lidmaatskap

  • Brons-status = 30 kamernagte per jaar
  • Silwer-status = 50 kamernagte per jaar
  • Goud-status = 70 kamernagte per jaar

Reality Core Single-lidmaatskap

  • Brons-status = 10 kamernagte per jaar
  • Silwer-status = 20 kamernagte per jaar
  • Goud-status = 30 kamernagte per jaar

Reality Core Family-lidmaatskap

  • Brons-status = 20 kamernagte per jaar
  • Silwer-status = 40 kamernagte per jaar
  • Goud-status = 60 kamernagte per jaar

Wealth Bonus Lifestyle benefits-lidmaatskap

  • 8 kamernagte per jaar

As ’n Sanlam Reality-lid kwalifiseer jy outomaties vir die LekkeSlaap-afslag. Kry eenvoudig heir toegang tot jou Sanlam Reality-voordeel op die voordeelblad.

Jou relevante Sanlam Reality-afslag word outomaties toegepas en by die betaalblad aan jou vertoon. Ad hoc-aanbiedings wat van tyd tot tyd op verblyf beskikbaar gestel word, word ook outomaties toegepas. Jou Sanlam Reality-afslag sal op die verminderde besprekingswaarde bereken word nadat enige ad hoc-aanbiedings toegepas is. Indien jou Sanlam Reality-lidmaatskapafslag minder as die LekkeSlaap-afslag (LekkeSlaap Rewards-afslag waarvoor jy kan kwalifiseer as jy reeds ’n LekkeSlaap Rewards-lid is) is, sal die aanbieding wat die meeste afslag bied, toegepas word.

Wanneer jy jou bespreking bevestig, sal LekkeSlaap jou Sanlam Reality-lidmaatskap verifieer deur ’n OTP-kode na die selfoonnommer of e-posadres wat Sanlam Reality van jou het, te stuur.

Indien die aantal kamernagte wat jy bespreek het jou jaarlikse limiet oorskry, sal jou afslag net op jou maksimum beskikbare kamernagte met afslag van toepassing wees. Die standaardtarief sal op die oorblywende kamernagte gehef word.

Jy kan steeds besprekings teen standaardtariewe maak, maar sal nie vir verdere afslag kwalifiseer nie.

Voltooi die navraagvorm hier op ons kontakblad of skakel ons by 0860 732 548 of 0860 732 549 en ons sal jou kontak.

Kontak ’n konsultant by 021 201 8918 / +27 21 201 8918
Stuur ’n e-pos aan sanlam@lekkeslaap.co.za

Bepalings en Voorwaardes

Hierdie voordeel is aan Reality Plus, Reality Core en Wealth Bonus Lifestyle-lede beskikbaar.
  • Reality Plus-lede kry tot 30%-afslag (afhangend van hul vlakstatus) en word tot maksimum 35 kamernagte se verblyf (Single-lidmaatskap) en 70 kamernagte se verblyf (Family-lidmaatskap) in een kalenderjaar beperk.
  • Reality Core-lede kry tot 20%-afslag (afhangend van hul vlakstatus) en word tot maksimum 30 kamernagte se verblyf (Single-lidmaatskap) en 60 kamernagte se verblyf (Family-lidmaatskap) in een kalenderjaar beperk.
  • Lede met Wealth Bonus Lifestyle-voordele kry jaarliks 5%-afslag op 8 kamernagte se verblyf.
  • ’n Kamernag word as volg gedefinieer:
    • Vir eiendomme wat besprekings per kamer aanvaar, word ’n kamernag as die aantal nagte vermenigvuldig met die aantal kamers wat bespreek is, gedefinieer.
    • Vir eiendomme wat as ’n geheel bespreek word (bv. vakansiehuis, kothuis, woonstel, ens.), word ’n kamernag as die aantal nagte waarvoor die hele eiendom bespreek is, ongeag die aantal kamers in die eiendom, gedefinieer.
  • Om toegang tot die Sanlam Reality-afslag op LekkeSlaap te kry, moet jy ’n geregistreerde Sanlam Reality-lid wees.
  • Hierdie voordeel is vir Sanlam Reality-lede beskikbaar, wat aan die bepalings en voorwaardes, soos deur LekkeSlaap en Sanlam Reality uiteengesit, voldoen.
  • LekkeSlaap en Sanlam Reality behou die reg voor om enige voordele of aanbiedings na goeddenke te wysig of te beëindig.
  • Sekere aanbiedings en afslag kan beperkings of limiete hê, insluitend spesifieke reisdatums, minimum-verblyfvereistes of beskikbaarheid vir spesifieke verblyftipes.
  • Dit is die Sanlam Reality-lid se verantwoordelikheid om die bepalings en voorwaardes van elke aanbod noukeurig na te gaan om enige toepaslike beperkings of limiete te verstaan.
  • Dit is die Sanlam Reality-lid se verantwoordelikheid om die gekwoteerde prys by die betaalpunt noukeurig na te gaan om te verseker dat die korrekte %-afslag toegepas is.
  • Kliek hier om LekkeSlaap se bepalings en voorwaardes te sien.
  • Die versameling eiendomme wat teen ’n afslag aangebied word kan enige tyd verander.
  • Tariewe is onderhewig aan die diskresie van die individuele eiendomme en kan sonder vooraf kennisgewing volgens die seisoen wissel.
  • Die afslag wat deur Sanlam Reality by vennootverblyf gebied word, is slegs op die verblyf self van toepassing en sluit nie enige addisionele dienste, wat nie spesifiek by die basiese prys ingesluit word, in nie.
  • Besprekings is nie oordraagbaar nie. Sodra ’n bespreking in een persoon se naam gemaak is, kan dit nie na ’n ander persoon oorgedra word nie.
  • Die kansellasiebeleid wissel na gelang van elke eiendom se kennisgewingtydperk. Vir meer besonderhede kan die reëls van die spesifieke eiendom nagegaan word.
  • Alle kwalifiserende terugbetalings sal via jou oorspronklike betaalmetode (EFT of kaart) aan jou terugbetaal word.
  • Terugbetalingsversoeke kan 10 werksdae neem om te verwerk en vir die betaling om gefinaliseer te word.
  • Besprekings kan vir enige beskikbare datum in die gespesifiseerde tydperk gemaak word.
  • Die Sanlam Reality-verblyfsvoordeel kan nie met enige ander besparing, afslag of promosie gekombineer word nie, tensy anders gespesifiseer.
  • Wanneer jy inklok, sal jy jou indentiteitsdokument of paspoort moet wys.
  • Die naam op jou bespreking moet met die naam op jou identiteitsdokument ooreenstem, anders sal inklok geweier word.
  • Inklok- en uitkloktye verskil na gelang van die vakansieverblyf-eiendom, so gaan asseblief die eiendom se spesifieke reëls na. Laat-uitkloktye kan versoek word, maar is onderhewig aan beskikbaarheid en kan addisionele kostes tot gevolg hê.
  • Wanneer jy inklok, kan daar van jou verwag word om ’n kredietkaartnommer te gee of ’n kontantdeposito te betaal om enige ekstras wat tydens jou verblyf gebruik word, soos telefoonoproepe, wasgoed- en kamerdiens, te betaal. Die kontantdeposito stem gewoonlik met die lengte van jou verblyf ooreen en enige ongebruikte gedeelte kan terugbetaal word wanneer jy uitklok. Verwys asseblief na die bepalings en voorwaardes van die bespreekte eiendom vir meer besonderhede.
  • Hierdie bepalings en voorwaardes moet saam met die verblyfvennoot se bepalings en voorwaardes, wat te enige tyd aan verandering onderhewig is, gelees word.

  1. Sanlam Reality het die reg om die veldtog enige tyd gedurende die veldtogtydperk te beëindig.
  2. Die aanbod is geldig terwyl voorraad teen hierdie afslagpryse beskikbaar is.
  3. Besprekings vir verblyfnagte gedurende 8 Januarie 2024 tot 29 Februarie 2024 moet tussen 1 November en 15 Desember 2023 gemaak word.
  4. Besprekings moet op LekkeSlaap se webtuiste of app gemaak word en jy moet inteken om geverifieer te word sodat die afslag van toepassing kan wees.
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem