Verified Reviews
Augrabies
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Augrabies
Rated 4.7 out of 5 based on 425 reviews.
"We were indeed privileged to see the falls in flood which made our visit extra special. We were only there for the weekend, would love to return to the area."
"Its extremely hot, so be prepared to leave your accommodation just before 07h00am and return by 10h00am. There are limited activities around the area. Most places require 4x4 vehicle."
"Dit is gerieflik naby die Augrabies-valle, waar ons in elk geval nie blyplek kon kry nie. Die eenheid is eenkant en bied 'n redelike mate van privaatheid. Die omgewing is baie stil, en die geroep van die gevlekte ooruile teen skemeraand was 'n belewenis. Klein miertjies was 'n lastigheid, maar nie te ernstig nie."
"Vir die tyd wat ek daar besoek gedoen het was Augrabies in vloed, 'n groot hoogtepunt. Besoek ook die park met al sy uitkykplekke, Moonrock is ook 'n moet. Ander tipe wêreld met eie identiteit."
"Die Augrabiese watervalle was in vloed en werklik 'n belewenis om te sien."
"Die watervalle self is 'n belewenis en wonderlik om van naderby te aanskou. Augrabies self bied nie veel aan nie, maar dis my persoonlike opinie, want ek het dit nog nie verken nie. "
"Wat 'n ervaring, veral nou met al die massas water wat daar afkom. Sou graag wou sien dat Augrabies self meer goeie verblyf aanbiedinge doen. Dis 'n moet-sien en -beleef, Augrabies. Dis n moet."
"Onbeskryfbaar gedurende vloedtoestande. Ware lewenservaring wat niemand mag mis nie. Foto, video of woorde kan nie die wonderwerk tot sy ware reg bring nie."
"Die valle was asemrowend in vergelyking met dit wat ons op vorige besoeke gesien het."
"Bespreek by die Augrabiesrestaurant en jy kan die valle in die aand besigtig tot voor die hekke om 21h00 sluit. Wat 'n belewenis."
"Augrabies is 'n moet op elkeen se bucket list. Ons het 'n pragtige land!"
"Augrabies is 'n uitstekende toeristebestemming, veral as jy lief is vir die natuur, stilte en rustigheid. Dit is 'n moet besoek vir elke natuurliefhebber, o ja, en natuurlik vir die wyn ook. Indien jy 'n bietjie na die ou kant toe staan, en nie meer al jou jeugdige krag het nie, en een van julle van 'n rolstoel afhanklik is, dink dalk twee keer voordat jy soontoe gaan. Die meeste van die plekke wat besoek kan word, is uitklim-en-stap plekke. Augrabiesvalle self het 'n rolstoelvriendelike paadjie, maar ek sou nie my liefste wyfie in haar rolstoel, weer kon terugkry tot bo nie."
"Ten spyte van die erge hitte, sal ek dit beslis aanbeveel. Was 'n baie aangename ondervinding."
"Ongelooflike ervaring om die valle te sien, veral as gevolg van die baie reën."