Verified Reviews
Barrydale
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Barrydale
Rated 4.5 out of 5 based on 271 reviews.
"Barrydale het so baie om te bied. Daar is fietsry- en staproetes, riviere, watervalle, wynplase en wonderlike eetplekke."
"Sal beslis volgende keer langer bly. Daar is heelwat juweeltjies en unieke plekkies om te besoek. Bespreek vroeg by die restaurante, hulle is baie gewild en almal baie goed."
"Mooi plaasdorpie. Beste was Karoo Daisie plek. Diesel en Creme teleurstelling, want maak al 5uur toe. Vakansiegangers soek lekker kos en drinkgoed tot 22:00. Mooi en plek sal weer kom."
"Uitstekende dorp vir 'n lekker wegbreekkuier. Die Karoo Art Hotel is 'n moet. Die dorp is baie stil in die week. Almal gaan natuurlik Diesel & Créme toe maar Barrydale bied soveel meer. Die boekwinkel het 'n wye verskeidenheid van alle genre. Die Langkamer is 'n groot aanwins vir die dorp."
"What a lovely little village. Need to come back and explore some more."
"Lovely town. Friendly people. Lots of places to eat. We enjoyed our stay."
"Pragtige omgewing, lekker eetplekke, ideaal vir toerisme."
"Veilige, netjiese dorpie met interessante eetplekke en ander bedrywe. Besoek aan die wewery en hotel is 'n moet."
"'n Pragtige dorpie met vriendelike mense. Daar is heelwat om te sien en doen, selfs gedurende 'n vier-uur-lange periode van beurtkrag!"
"Dit blyk dat die ekonomie ook sy tol hier ge-eis het. Tog het ons 'n baie aangename ervaring gehad."
"Interesting, small town with friendly people, especially at the Dung Beetle Pub."
"Klein dorpie met baie kuier- en eetplekke. Die natuur in daardie area is pragtig en as die Tredouwpas nie op jou roete is nie stel ek voor jy ry hom in elk geval - dis pragtig!"
"Barrydale is 'n pragtige dorpie. Ek en my man was dadelik verlief op die dorp, en net daar en dan besluit ons gaan daar aftree."
"Pragtige dorpie met baie gasvrye mense, het lekker in Karoo Art Hotel gekuier die Saterdagaand."
"Baie winkels was egter toe oor die langnaweek. Skakel voor jy gaan om seker te maak watter plekke wel oop is."
"Barrydale is 'n pragtige dorpie. Daar is soveel winkeltjies in die dorp. Wat dit nog lekkerder maak, is die feit dat jy kan stap na al die eetplekkies."