Verified Reviews
Baviaanskloof
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Baviaanskloof
Rated 4.2 out of 5 based on 134 reviews.
"Baie klein, skoon en stil dorpie. Definitief 'n dorpie om stadig deur te ry op die R62 roete."
"Dit is 'n asemrowende deel van ons land en 'n moet om te ervaar. Jy benodig tyd om die mooiheid daarvan in te neem en ons sal graag weer daar wil besoek in die toekoms."
"Dis 'n verskriklike mooi area. Ek sal beslis weer daar gaan kuier. Dit doen iets vir die siel."
"Altyd 'n belewenis. Vriendelike mense en lieflike grondpaaie. Ons sal keer op keer terugkeer."
"Die Baviaanskloof was baie mooi gewees. Hulle kan gerus die grondpad greis gooi en dit vir die toeriste en die inwoners gemaklik maak om daar te ry."
"As jy van plan is om deur die Kloof te ry (Willowmore tot Patensie) moet jy jou regmaak vir 'n onvergeetlike 5 ure!"
"Joubertina het al die nodige winkels beskikbaar indien jy kruideniersware, klere en vleis benodig om te koop. Die natuurskoon is ongelooflik mooi."
"Ongelooflike ervaring en asemrowende uitsigte. Juweel van die Oos-kaap."
"It depends on what you are looking for. It's a beautiful small town with lots of history."
"Een nag daar is eintlik te min. Ek sou twee aande daar bly om die rustigheid werklik te geniet en die skoonheid langer te waardeer."
"Baviaanskloof is 'n moet vir enige een wat sy energie wil herlaai. Die mooiste mooi al was dit droog."
"Joubertina was an exciting and unique place to visit. However, we struggled to find food shops that were open."
"Baie interessant, rustig en stil maar baie kunstige mense en plekkies om te besoek. Wens ons kon langer gebly het."
"Magical! A must see. Unfortunately very dry currently, rather visit after good rains."
"Soveel anders as wat ons verwag het. Mooi groot slaghuis en alles wat mens nodig het is in die mini mark. 'n Mooi boere dorp met vrugtebome en baie Toyota bakkies."