Verified Reviews
Baviaanskloof
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Baviaanskloof
Rated 4.2 out of 5 based on 134 reviews.
"Joubertina het restaurant op R62 en dis absoluut fantastiese groot plek met lieflikste kos! Sal enige tyd iemand aanbeveel om daar te gaan eet!"
"Die Baviaanskloof self is 'n ervaring soos min en een van die "moet doen" dinge as jy lief is vir die agterpaaie. Ons het die roete met 'n "sagte" sportnutsvoertuig (met goeie grondvryhoogte) aangedurf na goeie reën - en steeds die roete maklik voltooi. Vriendelike mede-gebruikers het die tog verder aangenaam gemaak."
"Die natuur is 'n belewenis maar as jy deur die wildernisgebied wil ry het jy verseker ten minste 'n hoë voertuig met "diff lock" of 'n 4x4 nodig."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Baie mooi, bietjie uitputtend om die hele kloof in een dag deur te ry. "
"Joub's is aan te beveel vir hul wegneemetes. Redelike prys en smaaklik en teen die hoofpad geleë."
"As jy tyd en 'n hoë voertuig het, ry gerus die Onder-Kouga sirkelroete, dis 'n pragtige omgewing!"