Verified Reviews
Bellville
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bellville
Rated 4.4 out of 5 based on 264 reviews.
"Kon nie baie tyd in Bellville spandeer nie maar die verblyf is besonders sentraal en heuwels en natuur baie mooi. Pragtige sonsopkoms en ondergang uit suite se venster."
"My eerste keer in die Kaap en ek was so verbaas hoe skoon alles is. Die paaie is netjies en die naamborde en aanwysings was so maklik ek het nie een keer verdwaal nie."
"Baie sentraal geleë om toegang tot Kaapstad, Bloubergstrand, die Strand, die hele Kaapse Skiereiland en die Boland te verkry."
"Moet sê ek was beïndruk met die plek. Die rustigheid van die omgewing het my verbaas. Vir my eerste besoek aan die omgewing was dit besonders."
"Dit is heerlik sentraal geleë en naby aan alles. Die see is naby en ook baie winkels vir inkopies. Sal weer hiernatoe gaan."
"Persoonlik vir my en my vrou was die Old Oak Gastehuis uitstekend naby die familie waar ons gaan kuier het tydens die troue van hul oudste seun."
"Soos bo genoem - lekker sentraal geleë om gou in verskeie rigtings te reis en plekke te besoek."
"Maklik om vanaf die gastehuis na die lughawe ens te reis. Ideaal as mens iemand het wat in een van die nabygeleë hospitale is. "
"Die ligging van die gastehuis is perfek, strate is netjies en goed gemerk dus kan jy maklik by jou bestemmings uitkom."
"Wij komen hier al jaren en vinden de plaats behoorlijk veilig. Vooral Tijgervally is een bezoek waard."