Verified Reviews
Betty's Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Betty's Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 556 reviews.
"Bettiesbaai bied asemrowende uitsigte oor die see en berge. Dit is die ideale bestemming vir mense wat hou van stiller plekke en die natuurskoon."
"'n Uitspanplek. Goeie verskeidenheid restaurante. Het the Harold Porter Tuine baie geniet."
"Bettiesbaai jou doring... wat 'n mooi natuurlike dorpie, vriendelike en gasvry mense. Wow, die dorpie het my so goed laat voel. Die lieflike see en grondreuk as jy wakker word was die beste. Ek kom gou weer na die dorpie toe."
"Baie mooi plek. Kan lekker rus as 'n mens wil wegkom van mense en die stad. "
"Dit is stil, maar pragtig en ongerep wat deesdae raar is. Ons was verbaas. Dit is naby Kleinmond vir inkopies. Ons het heerlik gekuier, "
"Stil en rustige plek met vriendelike mense. Ongelukkig nie geweet die kafee maak na 6 toe nie! Besienswaardighede bied alles wat toeris verwag sonder formele afsprake en formaliteite. "
"We enjoyed the country lifestyle away from large shopping centres and hordes of people. The area appeared to be safe and we did not feel threatened at all when walking on the various beaches. The birdlife, including the African penguin colony was great. A main attraction for us was the Harold Porter National Botanical Garden which we visited on 3 occasions to undertake walks and to eat at the restaurant."
"Lekker stil en rustig as dit is waarvoor jy soek. 'n Bietjie weg van die samedromming oor die vakansietyd, maar tog naby genoeg aan Kleinmond as jy lus het vir meer mense."
"Bettysbaai is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik terwyl jy die omgewing naby en selfs so ver as Grabouw en Hermanus verken. Die pragtige fynbos van die omgewing en die Kogelberg Natuurreservaat is onvergeetlik mooi."
"Pragtige skoon en rustige dorpie langs die see. Pragtige Botaniese tuin. Hier kry jy waarlik rus vir jou siel."
"My seun van amper 20 jaar oud sê die surf is "awesome". Bettysbaai is lekker naby aan Kleinmond en Hermanus vir die mense wat bietjie aksie soek. Die perdry was vir my dogter (14 jaar oud) baie lekker (Kleinmond). Ek sou sê Bettysbaai is vir mense wat bietjie rustigheid soek. Die omgewing is regtig baie mooi. "
"Betty's Bay is a great destination for people who love nature and especially the Cape Mountain fynbos."
"Die plek self is pragtig. Hou baie daarvan. Sal weer teruggaan vir vakansie of net wegbreek van die gejaag van die stad."